Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet deur Anet Schoeman. Hooffoto: Unsplash
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
“Sal jy op die verhoog voor die skool staan en al jou klere uittrek?” Wanneer Nikki Bush van Johannesburg, ’n ouerskapkenner en skrywer van die boek Tech-Savvy Parenting, dié vraag in haar praatjies vir tieners vra, is hulle geskok. “Hoekom stuur jy dan ’n naak-selfie vir jou kys?”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }In die skoolsaal is daar dalk 350 kinders, maar met sosiale media kan jy duisende mense bereik.
Voor ouers as digitale waghonde vir hul kinders kan optree, is dit noodsaaklik om te weet wat die gevare is. Lees na daaroor, woon praatjies by, maar die belangrikste: praat met jou kinders en luister met ’n fyn oor. Google jou kind af en toe en kyk wat jy kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ouers moet verstaan dat ’n tienergemoed ’n hormonale wipplank ry van die een hoogtepunt na die volgende laagtepunt. Hulle het ook ’n groot behoefte om in ’n groep ingesluit te word, raakgesien te word en aandag te kry.
Ongelukkig is hulle nog nie volwasse genoeg om te kan dink voor hulle iets kwytraak nie, of aan die gevolge van hul dade te dink nie. Boonop raak kinders maklik iets op sosiale media-platforms kwyt wat hulle nooit reguit vir iemand sou sê nie – hulle voel dat wat hulle aanlyn doen van die werklikheid verwyder is.
Daarby verkeer hulle onder die vals indruk dat hulle anoniem bly. En intussen val hulle in die strik om hulself bloot te stel en besef te laat dat hulle hul privaatheid prysgegee het.
Die ander komplikasie van aanlyn-kommunikasie is dat tieners soms so desperaat vir aandag is dat hulle selfs negatiewe aandag inspan om hul hits en volgelinge te vermeerder.
Nikki sê dat tieners soms ’n vals profiel gebruik om nare goed van hulself op hul sosiale media platforms te pos net om aandag en simpatie van ander uit te lok. “Hulle voel enige aandag is beter as geen aandag nie.”
Hierdie honger na aandag spoor kinders aan om onvanpaste foto’s te pos om meer likes te kry. As ’n 13-jarige ’n klomp likes kry omdat sy ’n uitlokkende foto van haarself gepos het, word dit
’n bose kringloop wanneer sy nie dieselfde reaksie met ’n gewone ouderdomsgepaste foto kry nie. Sensasiewekkende foto’s word die wagwoord, en elke keer moet jy nog verder gaan om dieselfde reaksie te kry.
Jy kan tieners nie vertrou om altyd goeie besluite te neem nie, sê Nikki. Jou frontale korteks, die setel in die brein wat jou help om goeie besluite te neem, is eers teen 23 tot 25 jaar ten volle ontwikkel. Dit maak nie saak hoe verantwoordelik jou kinders is nie – hulle kan onbedoeld verkeerde besluite neem. Dis soos om ’n kind sonder ’n bestuurslisensie ’n Ferrari te laat bestuur. Hy het gewoon nie die nodige vaardighede nie.
Nikki verduidelik tienerjare aan die hand van die speelhoekie in die kleuterskool waar kinders verskillende kostuums kon aantrek en rolle vertolk. Sosiale media-platforms bied tieners die vryheid om verskillende persoonlikhede uit te toets maar sonder dat hulle besef hoe groot die risiko’s daaraan verbonde is.
Die “14-jarige seun” wat vir jou oulike boodskappies stuur, is dalk ’n pedofiel met ander motiewe. Kyk op die Internet na Kayleigh’s Love Story. Die video vertel die ware verhaal van ’n 15-jarige meisie van Leicester, Engeland, wat binne 15 dae ná sy iemand veel ouer as sy aanlyn ontmoet het, vermoor is.
“Dis belangrik dat ouers vir kinders leer dat hulle net met mense op sosiale platforms vriende moet wees wat hulle in die werklike lewe al ontmoet en leer ken het.”
“As ouers my vra hoe oud moet ’n kind wees voor hy ’n slimfoon kan kry, vra ek of die kind volwasse genoeg is om pornografie, verwerping, boelies en gemene kommentaar te hanteer – dit is immers komplimentêr saam met elke slimfoon.”
Nikki glo daar is geen nodigheid vir kinders in die laerskool om ’n selfoon te hê nie. As ouers wel besluit om dit te doen, maak seker dit is ’n dom-foon wat net kan bel en SMS’e ontvang en nie toegang tot die Internet het nie.
Maar wanneer kinders 13 is, is ’n slimfoon deel van hul sosiale valuta en voel hulle uitgesluit daarsonder. Tog is dit ouers wat die foon koop, en hulle moet verantwoordelikheid vir die kind se selfoongebruik aanvaar.
Verduidelik vir jou kind dat ’n slimfoon vir goed én kwaad aangewend kan word en dat dit ’n groot verantwoordelikheid is om dit korrek te gebruik. Dieselfde geld sosiale platforms. Nikki glo ouers moet kinders se sosiale media wagwoorde ken en het ’n reg om te kyk wat op hul fone aangaan: “Dis my reg as ouer en dis noodsaaklik sodat ek jou kan help.”
Kinders behoort privaatheidskerms (privacy settings) op hul sosiale media profiele te hê. Ouers behoort ook hul kinders se facebook-vriende te wees. As kinders nie wil hê jy moet sien wat hulle skryf of pos nie, is dit ’n goeie aanduiding dat hulle dit nié moet doen nie. Maar bly op die agtergrond op facebook. Moenie kommentaar lewer nie en moet dit nooit as te nimmer as platform gebruik om kinders voor hul maats af te kraak en te verkleineer nie. (Ja, dit gebeur.)
Soek op die Internet na “Nikki Bush cellphone contract” vir ’n kontrak met al die moets en moenies vir ouers en tieners oor selfoongebruik. Druk dit uit en sorg dat julle en die kind dit onderteken. As die kind die reëls oortree, is dit nie jy wat gemeen is en hom straf nie, maar ’n kontrak wat hy met sy gedrag verbreek het.
Dis belangrik dat jy ’n goeie verhouding met jou kinders het. Hierdie wedersydse vertroue is iets waaraan jy van jongs af moet werk. Jy kan nie verwag dat julle skielik in hul tienerjare beste maats moet word nie.
Dit is onwettig om naakfoto’s van ’n minderjarige in jou besit te hê.
Kinders bo 14 kan ’n kriminele rekord kry wat vir die res van hul lewe met elke werksaansoek opgespoor kan word. Moenie veilig voel dat foto’s op Snapchat ná tien sekondes verdwyn nie. Iemand kan ’n screen grab neem en dit aanstuur.
Tieners vergeet dat ’n oënskynlik onskuldige foto op jou FB of Instagram buite konteks skade kan aanrig. Nikki vertel van meisies wat tot hul ontsteltenis besef het ’n foto van hulle in ’n bikini is op die “Sletlys” wat skoolseuns onder mekaar versprei.
Iemand sê iets gemeens en daarna gooi elkeen ’n stuiwer in die armbeurs. Al stem jy nie saam nie en raak jy nie by die argument betrokke nie, word jy steeds oor dieselfde kam geskeer omdat jy dit nie teenstaan nie. Leer kinders dat hulle moet sê hulle stem nie saam nie, of andersins die groepie verlaat. Onthou, die deler is so goed as die steler.
Tieners wil dolgraag aanvaar word en sal soms enigiets doen vir vriendskap en liefde. Veral kinders wat minder gewild is en geboelie word, is meer weerloos. As daar dan ’n kêrel is wat smeek dat jy ’n naakfoto van jouself aan hom stuur, is dit maklik om toe te gee as hy jou verseker dat dit net vir hom is.
Ongelukkig vergeet jongmense dat sodra iets op die web is, dit vir ewig daar is.
As jy iets gepos het, is jy nie meer die eienaar daarvan nie. Nou behoort dit aan die web. Die kêrel mag jou in die rug steek en die foto versprei as julle uitmaak. Of hy kan dit wel net vir homself hou, maar jou toekomstige werkgewer mag ’n begaafde kuberkraker in diens neem om voornemende werknemers se geskiedenis op te diep. Daardie naakfoto wag net om die kuberhoekie om jou werksaansoek te verydel. Selfs private chatrooms kan ook deur kuberkrakers ontbloot word. Dinge wat jy uitvee, is klaar iewers gestoor. Oppas ook vir foto’s waarop jy verskyn en wat jou vriende op hul tydlyn op facebook het.
Nikki waarsku dat enigiets wat jy op sosiale media publiseer aan daardie platform behoort. En dat reëls en voorwaardes verander. Die platform mag nóú sê dat hulle nooit enige inligting sal versprei nie, maar oor vyf jaar is die prentjie dalk anders. Dink altyd mooi voor jy enigiets pos of twiet. As jy nie gemaklik is dat almal dit lees nie, moet dit nie pos nie.
Die beste manier om kinders paraat te maak is om gereeld potensiële gevare te bespreek.
Moenie preek met “As ek agterkom dat een van julle óóit naakfoto’s vir iemand aanstuur … ”
Gesels eerder saans aan etenstafel oor moontlike scenario’s waar kinders met naakfoto’s in die verleentheid gebring is. En die moontlikheid van vergeldingspornografie waar ’n voormalige geliefde naakfoto’s publiseer wanneer ’n verhouding eindig. So word kinders bewus van die gevolge van ’n onbesonne daad voor hulle in die posisie is om ’n onoordeelkundige besluit te neem.
“Kinders skei die digitale wêreld van die werklike wêreld en reken daar is twee verskillende stelle reëls wat geld,” sê Jessica Wheeler, die eienaar van PixelKids* wat werkwinkels vir kinders en leerkragte aanbied om die digitale wêreld beter te verstaan. Sy is ook die plaaslike ambassadeur vir die DQ Institute – ’n internasionale dinkskrum wat by die Wêreld- Ekonomiese Forum inskakel.
Tog geld dieselfde beginsels en ook dieselfde dissipline. Ouers is ook verward en laat soms dinge in die digitale wêreld toe wat hulle nie binne hul normale raamwerk van reëls sou toelaat nie. Die ander uiterste is waar ouers se eerste instink is om dadelik alle digitale toestelle te verbied, of skermtyd tot die minimum te beperk wanneer iets ongewens in die digitale wêreld gebeur. Dis ongelukkig teenproduktief, want die Internet en slimfone is hier om te bly en as dit reg aangewend word, is dit ’n onontbeerlike hulpmiddel.
Jessica sê daar is verskeie apps wat jy op digitale toestelle kan laai om kinders dop te hou en skermtyd te reguleer. Dit kan byvoorbeeld ná ’n sekere tyd ’n slimfoon net tot sy belfunksie beperk. Tog is sy nie noodwendig ’n voorstander hiervan nie en glo dit het meer waarde as jy die kind leer om ’n verantwoordelike digitale gebruiker te wees. Jy het ook nie beheer oor vriende se selfone nie en jou reëls gaan niks help as hulle by vriende kuier nie.
Sy noem dit digitale intelligensie – daardie vaardighede en veiligheidsmaatreëls wat kinders moet hê om die digitale wêreld suksesvol te navigeer. Ouers moet net so wakker wees. Jessica raai ouers aan om jou gewone “Hoe was jou dag?” te verander na “Wat het jy vandag aanlyn gedoen?” So skep jy geleenthede vir kinders om oor hul aanlyn-aktiwiteite te gesels en sal jy ook agterkom wanneer iets nie reg klink nie.
Moenie heeltyd oordeel nie, luister eerder met aandag en jy sal gou agterkom wanneer daar ’n patroon ont-wikkel. Volgehoue kommunikasie is die wagwoord en dis al hoe jy probleme gaan identifiseer. Praat in die motor op pad skool toe en saans by ete.
Presies dieselfde as wat jy sou doen indien ’n kind by die skool geboelie word: gaan spreek die skoolhoof. Die gevolge van aanlynboelie kan verreikend wees en dis noodsaaklik om dit vinnig te hanteer voor die kind sielkundige skade opdoen.
Leer kinders die volgende as hulle met ongewenste digitale gedrag of inhoud te doen kry:
Lees ook: ‘n Veiligheidsgids vir jou kind se eerste slimfoon
Voëls Ons kouse met ’n voëltema het van ryk kleure en teksture tot…
Simoné Pretorius is weer swanger, en in die wolke daaroor! Die 34-jarige aktrise het…
Genoeg vir 4. Bestanddele 10 ml (2 t) elk olie en botter 1…
Vandag is dit steeds een van die gewildste plaaslike produksies wat kykers saam laat swets,…
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Hierdie webwerf gebruik koekies.