'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Verf jou naels ‘n donkerige kleur onder, die kleur kan soms deurskyn, veral as jy ‘n meer “distressed” voorkoms wil hê, waar dit lyk of die foelie afdop.
STAP2
Verf ‘n lagie gom (gewoonlik ingesluit by die foelie); die gom verkleur effens. Verf net een nael op ‘n slag.
STAP3
Neem’n stukkie foelie – ons het Maskscara Glitzy Nails Foils in Rose Gold (R125 per rol, uitgesoekte salonne) gebruik en druk dit op jou nael vir so ‘n minuut. Pas eweredige druk toe as jy ‘n netjiese effek wil hê, of druk of verskillende plekke, harder en sagter, as jy wil hê van jou onderste kleur moet wys. “Hoe droeër jou gom, hoe meer foelie bly op jou nael agter. As jou gom egter natter is, sal jy ‘n meer “distressed” voorkoms kry,” verduidelik Eloise.
STAP 4
Herhaal die lagie gom en stukkie foelie op al jou naels. Dis is baie belangrik om ‘n bo-lagie bo-oor die foelie te verf, anders sal dit nie hou nie. Ons het Dior Vernis Gel Top Coat (R270), wat dit ekstra lank sal laat aanbly.
Dior, Maskscara Adhesive en Maskscara Foil
Verf jou jou naels met jou gunsteling naelkleur. Ons het OPI in Here today Aragon Tomorrow (R145 salonne, Edgars, Red Square, Stuttaford & Clicks) gebruik. Gooi solank Mascara Caviar Sprinkles Candy Pop (R65 uitgesoekte salonne of bestel aanlyn by www.maskscara.co.za in ‘n klein bakkie waarin jy jou nael gemaklik sal kan rol. Dit lyk amper soos daardie koekversier balletjies, hundreds and thousands. Verf ‘n tweede lagie naelverf aan jou nael (net een op ‘n slag).
Sodra jy een nael geverf het, rol dit dadelik in die bakkie met die kaviaar balletjies in. “Dit is belangrik dat jou die naelverf nog nat moet wees as jy dit in die balletjies rol, sodat dit lekker kan klou,” verduidelik ons naelkunstenaar Eloise Dreyer.
OPI en Maskscara Candy Pop Sprinkles
STAP 1
Verf twee lae van jou gunsteling kleur op jou naels. Ons het Michellori Longstay Nail Polish in Noir (R58,95 Dis-Chem) gebruik en gewag tot dit goed droog is.
STAP 2
Kies ‘n goue naelverf – Tip Top Gold Glitter in Indulgence (R69,95) en verf dit net aan jou punte. Jy moet die goue kleur egter nie in een streep horisontaal probeer aanverf nie, want alles sal dit skeef lyk. Hou jou kwassie vertikaal en tik-tik die verf van bo-af aan. Dit is ook belangrik dat jou kwassie lekker nat is met die verf. Verf ‘n bolagie aan.
Michell Ori en Tip Top
Naelpenne soos die van Inglot maak dit maklik om naelkuns te doen en jy kan baie kreatief wees.
Verf jou naels met ‘n neutrale kleur – ons het Maybelline Forever Strong Pro in Porcelain Beige, R32,99 gebruik. Jy kan egter enige kleur gebruik waarvan jy hou, maak net seker dat daar ‘n lekker kontras is tussen jou naelkleur en jou naelpen.
Gebruik ‘n swart Inglot Nail Art Pen in Black 36 (R99, uitgesoekte Woolworths en Inglot winkels) en maak klein kolletjies aan die een kant van die nael. Jy kan natuurlik enige iets maak wat jy wil – strepe, hartjies en in verskillende kleure. As jy nie so ‘n pen het nie, kan jy die skerp kant van daardie houtstokkies waarmee jy jou naelvliesels terugdruk (Orange peel) gebruik en in naelverf doop en dan daarmee teken.
Maybelline en Inglot Nail Pen
Verf jou naels in jou gunsteling kleur. Ons het Esteé Lauder nail lacquer in Blue Blood (R255) gebruik.
STAP 2
Sodra jou naels droog is, plak ‘n plakker soos die van Minx Underwear in tickle my fancy Gold (R175 vir 20 palkkers, uitgesoekte salonne) bo-op. Verf ‘n deursigtige bo-lagie bo-oor.
Minx Underwear en Esteè Lauder
STAP 1
Maak jou houerjie met die fluweel veseltjies oop en hou ‘n tweezer byderhand. Verf een nael op ‘n slag in ‘n bypassede kleur as dit fluweel veseltjies. Ons het Essie in Dive Bar (R99,95) en Maskscara Velvet in Indigo (R65 per potjie, uitgesoekte salonne) gebruik.
STAP 2
Nadat jy een nael geverf het, neem die tweezer en gryp van die veseltjies vas en gooi dit op jou naels. Blaas liggies op jou nael, sodat enige oortollige veseltjies kan afgaan. Dit is belangrik dat jou verf nog nat is terwyl jy dit veseltjies opgooi, moet darem nie eers al jou naels verf en dan die veseltjies opgooi nie. Moenie ‘n bo-lagie opsit nie.
Essie en Masckara Velvet in Indigo.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.