kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Jou somer-opknapgids vir jou tuin

Hier is ’n paar doeltreffende idees om plante gesond, mooi en goed gestruktureer te laat lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak jou plante gereeld nat

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  • Beste manier: Maak diep nat en minder gereeld om diep wortelgroei aan te moedig. Vroegoggende is die beste tyd om jou plante nat te lei.
  • Wenk: Gebruik drupbesproeiing of drenkertuinslange (soaker hoses) om water te bespaar en seker te maak dat water eweredig versprei word.
  • GARDENA bied ’n reeks waterbeheertelsels en tuinslange om jou besproeiing te outomatiseer, om jou plante gesond en gelukkig te hou.

Sorg vir jou grond

  • Kyk gereeld of jou grond nog gesond is en wat die pH-vlak daarvan is.
  • Voeg kompos of organiese materiaal by om die grond se vrugbaarheid en struktuur te verbeter.
  • Bemes om die plante te voed en om voedingstowwe wat die reën weg kon spoel terug in die plante se wortels te sit.
  • GARDENA se reeks druksproeiers is vir alle tuingroottes ontwerp en kan maklik binne en buite gebruik word.

Trek onkruid uit

  • Verwyder onkruid so vinnig was moontlik om enige mededinging vir voedingstowwe te voorkom.
  • Gebruik grondbedekking om te voorkom dat onkruid groei en om vog te behou.
  • Verwyder onkruid vanaf jou grasperk deur die regte gereedskap vir verwydering te gebruik – die soort wat gaaf is teenoor jou rug en jou tuin. Die GARDENA-onkruidverwyderaar laat jou toe om in ’n staande posisie te werk wat dit makliker maak om onkruid te verwyder. Die vrylaatknoppie laat jou toe om onmiddellik die onkruid in die vullisversamelaar op te vang.

Bemesting

  • Gebruik stadig-vrystellende of organiese bemesting wat vir jou plante se behoeftes geskik is. Moenie dit te veel bemes nie.
  • Dit is noodsaaklik om gereeld jou tuin te voed so dat jy welige grasperke en florerende, gesonde plante sal hê.
  • GARDENA se reeks bemestingstowwe is so ontwerp om vir alle tuingroottes te werk en versprei maklik korrelkunsmis sonder om te mors of oor te bemes.

Plaag- en siektebeheer

  • Plante moet gereeld ondersoek word vir tekens van plae en siekte.
  • Gebruik organiese middele soos neemolie of bring voordelige insekte in om peste te bestuur.
  • Gebruik plaagdoder in vloeistofvorm om op buite- en huisplante te sproei.

Seisoenale snoei

  • Snoei meerjariges, bosse en bome op die regte tyd van hul groeisiklus.
  • Verwyder die dooie koppe van blomme om nuwe groei te bevorder.
  • Gebruik snoeiskêre van goeie gehalte sodat jy nie die plant sal kneus of skade aan doen nie.

Sorg vir jou grasperk

Dit verg aandag om deur die jare ’n grasperk se gesondheid, kleur en lewenskragtigheid te handhaaf. Maak seker jy bemes, belug en besproei jou grasperk gereeld. Gebruik ’n grassnyer van goeie gehalte wat uiters doeltreffend is om jou snytyd te verminder, terwyl dit steeds perfekte resultate lewer. Die belangrikste is dat jou grassnyer maklik moet wees om te gebruik en optimale resultate te lewer. GARDENA het ’n reeks grassnyers, wat elektries of battery-aangedrewe is, sowel as outomatiese robotsnyers. Skeduleer eenvoudig die snytye op die BlueTooth-toepassing en jou grassnyer sal dag of nag stil-stil jou grasperk sny.

Lees ook: Gee jou tuin aandag ná die vakansie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die groot gemis: Hier’s wat jy moet weet as jy sukkel om swanger te raak

Deur Christa Swanepoel Dis ’n diep hartseer wat menige vrou ervaar. Elke maand, vir twee…

5 hours Gelede

Korslose hamquiches

Hierdie korslose hamquiches smaak heerlik én is laekoolhidraat!

7 hours Gelede

‘Kyk wie praat’: De Klerk en sy klitse keer terug na kykNET!

Berei jouself voor vir ’n lekkerlag-saamkuiersessie tydens die vierde seisoen van kykNET se vermaaklike Kyk…

1 day Gelede

Hou vlieë uit jou huis! Hier’s 10 afskrikmiddels wat jy self kan maak

Die vlieg is seker een van die mees onwelkome kuiergaste. In Suid-Afrikaners word vliegplae deur…

1 day Gelede

Bo-Kaap se bobaas-kok André Hill deel sy gunsteling-resep vir Valentynsdag

Aan die stuur van die Radisson RED Waterfront se opwindende kulinêre toneel is Uitvoerende Sjef…

1 day Gelede

15 dinge wat jou help om op versekering te spaar

Moenie te veel geld bestee op versekering nie! Hier is 15 dinge wat jou help…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.