Hier is ’n paar doeltreffende idees om plante gesond, mooi en goed gestruktureer te laat lyk.
Maak jou plante gereeld nat
- Beste manier: Maak diep nat en minder gereeld om diep wortelgroei aan te moedig. Vroegoggende is die beste tyd om jou plante nat te lei.
- Wenk: Gebruik drupbesproeiing of drenkertuinslange (soaker hoses) om water te bespaar en seker te maak dat water eweredig versprei word.
- GARDENA bied ’n reeks waterbeheertelsels en tuinslange om jou besproeiing te outomatiseer, om jou plante gesond en gelukkig te hou.
Sorg vir jou grond
- Kyk gereeld of jou grond nog gesond is en wat die pH-vlak daarvan is.
- Voeg kompos of organiese materiaal by om die grond se vrugbaarheid en struktuur te verbeter.
- Bemes om die plante te voed en om voedingstowwe wat die reën weg kon spoel terug in die plante se wortels te sit.
- GARDENA se reeks druksproeiers is vir alle tuingroottes ontwerp en kan maklik binne en buite gebruik word.
Trek onkruid uit
- Verwyder onkruid so vinnig was moontlik om enige mededinging vir voedingstowwe te voorkom.
- Gebruik grondbedekking om te voorkom dat onkruid groei en om vog te behou.
- Verwyder onkruid vanaf jou grasperk deur die regte gereedskap vir verwydering te gebruik – die soort wat gaaf is teenoor jou rug en jou tuin. Die GARDENA-onkruidverwyderaar laat jou toe om in ’n staande posisie te werk wat dit makliker maak om onkruid te verwyder. Die vrylaatknoppie laat jou toe om onmiddellik die onkruid in die vullisversamelaar op te vang.
Bemesting
- Gebruik stadig-vrystellende of organiese bemesting wat vir jou plante se behoeftes geskik is. Moenie dit te veel bemes nie.
- Dit is noodsaaklik om gereeld jou tuin te voed so dat jy welige grasperke en florerende, gesonde plante sal hê.
- GARDENA se reeks bemestingstowwe is so ontwerp om vir alle tuingroottes te werk en versprei maklik korrelkunsmis sonder om te mors of oor te bemes.
Plaag- en siektebeheer
- Plante moet gereeld ondersoek word vir tekens van plae en siekte.
- Gebruik organiese middele soos neemolie of bring voordelige insekte in om peste te bestuur.
- Gebruik plaagdoder in vloeistofvorm om op buite- en huisplante te sproei.
Seisoenale snoei
- Snoei meerjariges, bosse en bome op die regte tyd van hul groeisiklus.
- Verwyder die dooie koppe van blomme om nuwe groei te bevorder.
- Gebruik snoeiskêre van goeie gehalte sodat jy nie die plant sal kneus of skade aan doen nie.
Sorg vir jou grasperk
Dit verg aandag om deur die jare ’n grasperk se gesondheid, kleur en lewenskragtigheid te handhaaf. Maak seker jy bemes, belug en besproei jou grasperk gereeld. Gebruik ’n grassnyer van goeie gehalte wat uiters doeltreffend is om jou snytyd te verminder, terwyl dit steeds perfekte resultate lewer. Die belangrikste is dat jou grassnyer maklik moet wees om te gebruik en optimale resultate te lewer. GARDENA het ’n reeks grassnyers, wat elektries of battery-aangedrewe is, sowel as outomatiese robotsnyers. Skeduleer eenvoudig die snytye op die BlueTooth-toepassing en jou grassnyer sal dag of nag stil-stil jou grasperk sny.
Lees ook: Gee jou tuin aandag ná die vakansie