Foto: Pixabay
Feestyd, partytjietyd, lagtyd, vakansietyd en luilekker somersdae beskryf die lekkerste maand van die jaar … Desember! Oorval die versoeking jou gereeld om nou al jou vakansietassie reg te kry? Droom jy al van skemerkelkies op die strand? Voordat jy heeltemal verlore raak in hierdie droomwêreld van vakansie, onthou om jou kar (veral haar petroltenk) boaan jou afmerklysie te sit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Het jy geweet as jou kar die verkeerde brandstof inkry, dit ernstige skade tot ’n gevolg kan hê? Nie net gaan jou kar bes moontlik vir ’n paar dae gediens moet word nie, maar jy as kareienaar kan ’n stewige versekeringsrekening kry – selfs al was dit die petroljoggie se skuld! Wanneer die verkeerde brandstof in jou kar gegooi word, kan ’n groot bedrag van jou geëis word (afhangende van jou kar se skade).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
• Klim uit jou kar, maak seker die petrolpomp is op 00.00 en dat die petroljoggie die regte snuit (nozzle) vir jou kar gebruik.
• Wees geduldig met die joggie! Dit kan jou baie geld spaar.
• ’n Klein plakkertjie moet aan die binnekant van jou kar se petroldop geplak wees. So kan die joggie sien of hy diesel of petrol moet gebruik.
• Beloer jou strokie voordat jy ry om seker te maak jy het die regte brandstof gekry.
• Jy sal soms iemand anders se kar ry en die mag van die gewoonte kan veroorsaak dat jy vir die joggie verkeerde instruksies gee. Konsentreer.
• Maak seker jou oliedop en enjinkap is behoorlik toe voordat jy wegry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…
Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.