Styl 1: Kontras
Volop natuurlike lig stroom deur die groot glasvensters die vertrek binne.
Enkele rustieke elemente skep warmte en kontras in die moderne kombuis.
Styl 2: Landelik
Houtbalke en baksteenvloere leef hier gemaklik saam met verrassende metaalelemente.
Die ryk baksteenvloere skep warmte in die oorheersende koel kleurskema.
Styl 3: Wit
’n Wit kombuis word ’n lekker knus leefruimte met ’n vuurherd, tekstuurryke stowwe en donker hout.
Wit is tydloos en klassiek – en tuis in ’n kombuis.
Styl 4: Ruim
Omdat hierdie kombuis so groot is, is die gebruik van swart en grys geskik. Dit pas by die moderne vlekvryestaaltoestelle en gee die vertrek ’n ontwerpersvoorkoms.