kategorieë: WenkeSkoonheid

Jou kantoor: Meer produktief met die regte geure

Deur Suzanne Kotzé & Corné Greeff. Foto: Kristina Stojiljkovic

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kies die regte geure

Gebruik peperment en bloekom (eucalyptus) saam om jou breinkrag ’n hupstoot te gee. Dit kan jou selfs help om minder geïrriteerd te voel! ’n Studie deur die Neurologiese kliniek by die Universiteit van Kiel, Duitsland, het bevind dat as jy peperment en bloekomolie saam gebruik om geur te verleen aan ’n vertrek, dit jou kognitiewe vermoëns en konsentrasie kan verbeter – tot 78%! Emosionele irritasie kan ook met 14% verminder word, wat in die werksplek belangrik kan wees …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Onthou net, minder is meer as dit by geure vir jou kantoor kom, veral as jy saam met kollegas werk en almal se sintuie in ag moet neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hou gerus ook die parfuum wat jy kantoor toe dra vars en lig. Sitrusgeure het ’n vrolike en opbeurende uitwerking op die gemoed. Lemoen laat jou vrolik en optimisties voel; lemoenblomolie gee energie en bergamot is verfrissend.

Bloekomolie op sy eie verwyder slegte reuke en swamme en help jou liggaam om verkoue en griep te beveg. Peperment help jou met fokus, konsentrasie en meer energie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wees netjies

’n Lessenaar wat aan die kant is, laat jou beslis beter werk en konsentreer. Maak gereeld jou drommetjie leeg en verwyder ou koffie- en teekoppies. Maak ook seker dat al jou papiere mooi gebêre is.

Lees ook: Skep ’n tuiskantoor

Oulike stoor-idees vir jou tuiskantoor

Stilte is belangrik

Kies die stilste vertrek in jou huis, weg van die onthaalarea of TV-kamer en verkieslik met ’n deur wat jy kan toemaak.

Lees ook: Geur vir jou huis

Minimalistiese dekor is ’n goeie keuse

Hou die dekor stil en rustig, met min goed wat jou aandag kan aftrek. Goed wat rondlê en ophoop kan jou angstig laat voel en minder produktief maak.

Natuurlike lig is belangrik

Natuurlike lig laat ’n mens meer produktief voel. As jy egter nie baie vensters in jou tuiskantoor het nie, kies gloeilampe met koue wit lig eerder as warm lig.

Kies die regte kleur

Selfs die kleur van jou kantoor kan jou produktiwiteit beïnvloed. Blouerige kleure is stimulerend, geel skakerings is goed vir kreatiwiteit en groen kan jou ontspanne laat voel. Dit kan egter wissel van persoon tot persoon, so kies die kleur wat jou die beste laat voel.

Lees ook: Verwyder slegte reuke in jou huis vinnig

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

11 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

12 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

1 day Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

1 day Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

1 day Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.