Instructions
1 Meng die kondensmelk, suiker, botter en vanielje in ’n groot mengbak.
2 Mikrogolf vir 2 min. by 100% krag. Haal uit en meng goed. Mikrogolf vir nog 10-15 min. tot die mengsel toffiekleurig is. Roer ná elke minuut, en hou maar ’n ogie, want dit kook maklik oor.
3 Gooi die fudge in ’n 22 cm x 22 cm hittebestande bak. Laat afkoel en sny in blokkies terwyl dit nog warm is, of maak dit mooi soos hieronder beskryf.
Maak dit fraai
1 Ons het die fudge effens laat afkoel, in hartjievorms gegooi en laat stol.
2 Keer die hartjies uit en doop in gesmelte witsjokolade. Druk terug in die vorms, wikkel effens om van lugborrels ontslae te raak en laat hard word.
3 Kleur klaarbereide plastiekversiersel met swart voedselkleursel, druk klein hartjies uit en laat hard word. Plak met ekstra gesmelte witsjokolade op die fudgehartjie vas.
Bittersoet sjokoladehartjies
Voer ’n 25 cm x 23 cm reghoekige koekpan met bakpapier uit.
1 Meng die botter en kakao saam tot ’n sagte pasta. Meng die amandels by.
2 Meng die suiker en water in ’n kastrol oor matigehitte. Haal van die hitte af en meng die kakaomengsel by. Laat effens afkoel en meng die eier, eiergeel en beskuitjies by.
3 Gooi die mengsel in die koekpan en maak gelyk bo-op. Laat in die yskas afkoel.
4 Sny in blokkies, of druk hartjies met ’n 8 cm-hartjiekoekiedrukker uit.