kategorieë: GrimeringSkoonheid

Was jou grimeerkwassies reg

Stap 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kry ’n glasbeker met koue water en maak jou grimeersponsie of kwassie nat (jy kan dit ook onder ’n lopende kraan nat maak)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stap 2

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gebruik nou jou grimeer-skoonmaakmiddel (jy kan haarsjampoe gebruik) en plaas ’n ertjiekorrelgrootte daarvan in jou hand. Vloeibare skoonmaakmiddels is effektief op kwassies wat lanklaas gewas is of op produkte wat moeilik uitwas.

Lees ook: Raad vir wintervel

Stap 3

Druk nou die kwassie in die skoonmaakmiddel en werk die skoonmaakmiddel met jou vingers in die kwassie of sponsie in sodat dit skuim.

Stap 4

Spoel nou die kwassie of sponsie in die glasbeker af as jy water wil bespaar, of andersins onder lopende water. Spoel af totdat daar niks meer grimering uitvloei nie. Poeierbasis grimering was makliker uit as vloeibare grimering terwyl jel-oogomlyner, room-oogskadu en onderlaag dikwels vereis dat jy die kwassie of sponsie ’n tweede keer was en uitspoel.

Stap 5

Druk die kwassie of sponsie versigtig met ’n sneesdoekie of skoon handdoek droog. Druk nou die kwassie of sponsie met jou vingers terug in sy vorm want dit is die vorm waarin dit gaan droog word. Laat lê die kwassie op ’n plat oppervlak.

Lees ook: Verbloem só fyn plooie

Wenke

  • Moenie jou grimeerkwassies in die son laat droog word nie – dit verswak die handvatsels en laat die gom mettertyd lostrek.
  • Moenie ’n kwassie in ’n beker laat droogword nie. Die vog sal in die handvatsel terugloop en die kwassie beskadig. Vog wat binne die kwassie agterbly, is ’n broeiplek vir bakterieë.
  • As jy jou kwaste net op jou eie gesig gebruik, hoef jy dit net eenmaal per week skoon te maak.
  • As jy ’n grimeerkunstenaar is, moet jy jou kwaste skoonmaak na elke persoon op wie jy dit gebruik het en moet jy dit gereeld ontsmet met mediese alkohol wat jy by ’n apteek kan koop.
  • Volg dieselfde skoonmaakstappe as hier maar vervang net die wasmiddel in sproeivorm met alkohol in ’n spuitbotteltjie.

Lees ook: WEN Vitamien C-velsorg van Sorbet!

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.