“Dit is ook wanneer jy geneig is om uit te vind presies hoe betroubaar jou versekeringdekking is,” verduidelik Mandy Barrett van die versekeringsmakelaar Aon South Africa.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dit is ’n goeie idee om vooruit te beplan en tyd te neem om die bewoording van jou versekeringdekking behoorlik na te gaan sodat jy met jou makelaar kan bevestig jy is gedek vir elke moontlike situasie. Nie alle versekeringspolisse word gelykmatig opgestel nie en huiseienaars moet seker maak hulle is gedek vir koste aan herstel- of vervangwerk aan ’n geiser, gebarste pype of skade aan plafonne, mure, matte, ligte, elektriese bedrading, ens.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
1. Party polisse gee dekking aan skade, maar nie om geisers of pype te vervang (wat jou uiteindelik duisende rande uit die sak kan jaag), nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }2. Sekere versekeringsmaatskappye stipuleer ’n oorskotbedrag per item waarvoor daar geëis word, in stede van een groot bedrag op die algehele eis.
3. Daar is ’n verskil tussen inhouddekking op geboue en huise. Dekking op gebou-inhoud dek die vervanging van bakstene en huishoudelike opnames (soos geisers, pype, plafonne, ens). Huishoudelike dekking verwys na huisinhoud. Skade aan items soos meubels of toestelle sal hieronder gedek wees. Sou jy vir beide dekkings eis, is daar ’n moontlikheid dat jy twee oorskietbedrae moet betaal aangesien dit as twee aparte eise aangeteken word.
4. Spreek ’n professionele makelaar vir raad oor jou polis se terme en voorwaardes, en om te verseker jy het die beste dekking vir jou begroting.
5. Opgradeer na ’n groen, volhoubare energieoplossing. Versekeringsmaatskappye soos Santam bied kliënte die geleentheid om hul beskadigde geisers met sonkrag- of hitte-opsies te vervang. Die kliënt betaal die verskil tussen die versekering se uitbetaling en die koste van die groen waterverwarmingstelsel.
Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.