Jy kan ’n pragtige organiese kombuistuin in jou agterplaas of selfs op jou sonnige patio in potte begin. Dit is net ’n kwessie van skaal, ruimte-beskikbaarheid en watter groente jy wil eet. Nie almal het ’n groentetonnel nodig om groente te plant nie.
Hoe om te begin, is gewoonlik die vraag.
Stel eers vas of jy gesonde grond het. Goeie grond beteken goeie gesonde gewasse. Meng oorvloedige hoeveelhede kompos in jou grond. Maak jou eie organiese kompos uit die gedroogde blare en jou groenteskille uit jou kombuis.
Kies goeie gehalte sade soos Franchi Sementi-sade. Dit sal sterk plante maak en goeie smaak bied. Jy sal die sade kan oes.
Onthou om jou sade twee keer per dag water te gee in die somer: Vroegoggend en vroegaand. Maak seker jou sade het ’n goeie dreinering.
Beskerm hulle teen insekte, sodat jy nie hoef te spuit en as jy moet, gebruik organiese insekdoders. Onthou dat jy alle gifstowwe wat jy op jou plante spuit, uiteindelik eet. Dit geld ook chemiese kunsmis. Gebruik net organiese kunsmis, dit maak voorsiening vir makro en mikro nutriëntabsorpsie uit die grond.
Hou spasiëring in gedagte wanneer jy plant sodat jou plante genoeg ruimte het om te groei en lugbeweging moontlik is. Dit sal witroes verhoed.
Geniet dit om jou eie gesonde kos te plant. Woon ’n kursus by. Meer inligting by www.soughtafterseedlings.co.za