kategorieë: Gesondheid

Jou eie hormone-horoskoop

Hoekom bepaal jou hormone hoe jy voel? Hoe goed jy vaar? Hoe helder jou brein is? Lees hier hoe jou hormone jou beïnvloed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Werk jou eie hormonoskoop vir die volgende week, maand of jaar uit:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die beginpunt

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op watter dag het jou laaste menstruasie begin? Dit is Dag 1 van jou hormonoskoop.

Die patroon

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir ’n 28-dag siklus:
• Pas die kassies op die infogram net so in op jou kalender.

Vir ’n langer of korter siklus:
• Die laaste veertien dae is vir almal dieselfde, maak nie saak hoe lank of hoe kort jou siklus is nie.
• Neem Dag 1 as jou eerste dag van menstruasie. Hou jou gemoed fyn dop. Sodra jou gemoed lig is jy op Dag 4 van die gewone 28-dag kalender.
• Jou halfvol en hoofletterweke duur dan tot 14 dae voor jou volgende verwagte eerste dag van menstruasie. Byvoorbeeld: as jou siklus 45 dae lank is kan jou halfvol en hoofletterweke strek oor 31 dae. As jou siklus 25 dae lank is strek dit oor net twaalf dae.

Op watter dag is jy? Jy, jou siklus en jou ridder Die beste dae in die maand om jou loopbaan te bou Hoe jy deur die loop van jou siklus oor geld voel
Dag 1-3
Die glas is halfleeg
Romanse is die laaste ding op jou lys. Maar dit draai binnekort, soms so vroeg as Dag2 Jy het net-net genoeg krag vir jou dag. Moenie ekstra take aanpak nie. Herskeduleer werk waar jy kan na Dag 4-8, of selfs tot 14. Jy spandeer op klein troosgoedjies.
Gun dit maar vir jouself
Dag 4-7
Die glas is halfvol
Jy bui en lus vir sosialiseer swaai op. Gaan uit, want jy is gereed vir romanse … en om ’n nuwe maat te ontmoet. Dinge draai van nou af positief. GEbruik jou verhoogde energievlak, konsenstrasie en geheue om in te haal op agterstallige take. Jy spandeer al makliker, hoewel steeds op klein goedjies. Oppas, want saam kan dit oploop na ’n aardige som!
Dag 8-12
Jou hoofletter-dae
Sjoe! Jou sjarme is eindeloos. Jy sprankel; jy flirt met oorgawe; en dit is die week vir hoofletter orgasmes. Jy is gereed vir liefde en geluk! Die week is jy briljant en energiek. Jy dink op jou voete. Woorde kom maklik. Pak daardie groot uitdaging aan! Wenk Fokus. Moenie te veel dinge gelyk aanpak en niks voltooi nie. Bêre jou geldkaarte diep! Jy is optimisties oor jou geldsake en oorspandeer al makliker soos die week aanstap … veral op duur luukses.
Dag 12-14
Jou waag dit dae
Jy voel avontuurlik. Kort jy bietjie moed vir internetafsprake of om met daardie lang donker/ blonde man te flirt? Jy het dit nou! Oppas vir riskante dinge, want jy sal ook dit waag. Jy voel onverskrokke. Het jy nog altyd gewonder of jy kan? Dié paar dae is jy gutsy genoeg om uit te vind … en ’n sukses daarvan te maak. Pak nou die onmoontlike! Jy sal baie waag en spandeer. Laat dit vir jou werk en belê jou geld in blue chip aandele of betaal meer op jou huislening, eerder as om dit te blaas op die Lotto.
Dag 15-22
Jou versigtige, koester-en-troetel week
Jy soek troeteling, stil tydjies saam en gesellige lepellê, eerder as opwinding. Jy wil emosioneel naby aan jou maat voel. Maak tyd vir rustig saamwees en om mekaar beter leer verstaan. Jou energievlak sak stadigaan en jou kop is effe stadiger. Jy is versigtig, vol vertwyfeling en neem lank om te besluit. Die oplossing? Berei voor: skryf neer wat jy moet onthou; sit notas op jou dagboek; en as jy iemand moet bel of afsprake het beplan vooraf wat jy wil sê. Jy is realisties oor geld en versigtig om sommer net uit te gee. Maar jou brein maak reg vir ’n baba en wil nessie maak, en kan jou goeie oordeel ontspoor. Oppas vir spandeer op huisgoed en lekkernye.
Dag 23-28
Buie en bonusse
Hierdie week is jou libido waarskynlik hoog maar jy is ook buierig, geïrriteerd, krities en ongeduldig. Daardie lang donker/blonde man in jou lewe kan kapitaliseer op jou liefdesdrang mits hy op eiers loop. Jy is dalk effe angstig en onseker. Maak staat op jou dagboek sodat jy presies weet wat jy moet doen. Die bonus? Jy is ook in staat om aan meer, kreatiewe idees en oplossings te dink. Die week werk breinstormsessies goed vir jou. Jy spandeer waarskynlik min. Maar gun jouself ietsie wat jou bui lig. As jy ’n diensklagte het kan jou irritasie en ongeduld jou help om jouself te handhaaf … of jou saak sink. Gebruik jou goeie oordeel.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

43 mins Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

1 hour Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

3 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

4 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.