Jou dieet: Die porsie-geheim … en hoe jy dit kan meet deur Salomé Delport
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Tyd vir ’n dieet? Die opsies is wyd: jy kan bant of na die ou gebalanseerde staatmaker-dieet terugkeer. Of die sjokolade-en-sjampanje-dieet op die proef stel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Of … of … of …
Vir nog dieet-raad, loer hier
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Maar elke dieet het een beginsel gemeen: porsiegrootte. Jou dieet spesifiseer vir seker hoeveelhede, soos 100 g brood of een eetlepel grondboonbotter.
Kosskaaltjies en maatbekers is die akkuraatste manier van meet maar geen mens sleep hulle oral saam nie. Dus raai en skat ons maar meestal. Daar is ’n geriefliker manier: jou hand. Dit is altyd … wel, byderhand!
Anders as skale is dit ook nuttig as ’n verpersoonlikte porsiegrootte. ’n Groot man het ’n groter porsie as ’n tingerige tienermeisie nodig. ’n Porsie vleis gegrond op sy handgrootte is ideaal vir hom, net soos ’n porsie vleis gemeet aan haar hand in die kol is.
Jou dieet sal voorskryf hoeveel porsies jy per dag of per ete kan gebruik. Al is handporsies nie so akkuraat soos ’n kosskaal nie is dit naby genoeg.
Die holte van jou hand = ’n Derde koppie, of 100-120 g
Een Vingerpunt = Een teelepel of 5 g botter of olie
Jou Handpalm = 100 g vleis
Die vingers-deel van jou gebalde vuis = Halfkoppie of 150 g Styselgroente, jogurt of maaskaas
Jou Duim se voorste lit = Een eetlepel, of 15 g Ongerasperde kaas, grondboonbotter of hoemoes
Jou volle gebalde vuis = Een koppie of 250 g nie-stysel groente of melk
Foto’s van hande: Filistimlyanin/istock images
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.