kategorieë: DekorLeefstyl

Jou Dekorwoordeboek vir 2019

Jou Dekorwoordeboek vir 2019 deur Elandrè Swart en Cornel Dunn. Hooffoto: KatarzynaBialasiewicz/istock photos

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Anglepoise

Dit is ’n gebalanseerde arm-lamp wat in 1932 ontwerp is. Die vorm daarvan maak dit makliker om die lamp in verskillende posisies te skuif sonder dat dit vasgeklamp hoef te word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Armoire

Hierdie losstaande, tweedeur-kas dateer uit die 17de eeu in Frankryk en is kenmerkend van Louis XIV-meubels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Banquette (bang-ket)

Dis ’n lang bank met ’n gestoffeerde sitplek. Dit word geassosieer met eetkamers, kombuis eethoekies en restaurante.

’n Banquette is gewoonlik ingebou, maar deesdae kan ’n settee bank gebruik word in die plek van ’n ingeboude bank.

’n Settee is ’n gestoffeerde bank en bied sitplek vir een of meer mense, maar is slank en meer regop.

Bespoke

Dis ’n Engelse woord wat beteken om ’n pasgemaakte meubelstuk te bestel na jou smaak en spesifikasies.

Hygge (Hugh-gah)

Dit is ’n Deense term en filosofie wat verwys na ’n gevoel van koestering.

Dit behels nie ’n enkele item nie, maar eerder ’n lewenswyse wat jou warm en gekoester laat voel.

Ikat

Dit is ’n kleurtegniek, soortgelyk aan die knoop-en-doop proses om verskillende patrone te maak op materiaal.

Etagère (é·ta·gère)

’n Etagère is oop uitstalrak wat dagteken uit Frankryk in die laat 1800’s en word weer baie gewild.

Chesterfield

Dit is ’n gestoffeerde bank waarvan die arms en die rugleuning dieselfde hoogte is, gewoonlik van leer.

Ottoman

Dit is ’n voetstoel of kan werk as lae sitplek sonder armleunings.

Mid-Century

Dit verwys na ontwerpe wat dateer vanaf die 1940’s tot die 1970’s.

Pendant

Die woord pendant is afkomstig van die Latynse woord pendere, wat beteken om af te hang. ’n Pendant is ’n enkel hanglig.

Kilim

Dit is ‘n tapisserie-geweefde mat. Dit kom tradisioneel vanaf Turkye of Persië (deesdae Iran).

Verskaffers

Knus |knus.co

Weylandts |weylandts.co.za

Woolworths |woolworths.co.za

Sofa Company |za.sofacompany.com

Pilgrimage Spaces |pilgrimagespaces.co.za

Mr Price Home |mrphome.com

Klooftique |klooftique.com

Coricraft |coricraft.co.za

Superbalist |superbalist.com

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

2 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

3 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

3 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

3 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

3 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

4 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.