kategorieë: DekorLeefstyl

Jou beurtkrag-oorlewingsgids

Jou beurtkrag-oorlewingsgids Deur: Cornel Dunn en Elandrè Swart. Hooffoto: iStock/DNY59

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Bly op hoogte

Eskom se Push is ’n baie betroubare toep om jou op hoogte te hou van verwikkelinge in die kragtoevoer wat deesdae so vinnig kan verander.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hou ook jou plaaslike koerant dop om op hoogte te bly met kragonderbrekings in jou buurt.

Eskom se Push-logo

Lees ook: Jou gids tot die verskillende beurtkragfases

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Belê in sonkrag

Skakel jou warmwatersilinder aan ’n sonpaneel. Ondernemings soos Solar Cape Town verskaf en installeer sonkragsilinders vanaf so min as R10 500. Die produk het ’n 10 jaar waarborg en is SABS-geakkrediteer. Jy kan in die somer tot 50% van jou elektrisiteitverbruik spaar hiermee!

#rrWenk: Sien sonpanele as ’n belegging wat jou in die lang termyn baie waardevol te staan sal kom.

Sonkrag-geyserstelsel (vanaf R10 500) Solar Cape Town

Lees ook: Hoe om die 5 belangrikste beleggings vir jou huis te maak

3 Implementeer gas

Gasstowe is baie vinniger as elektriese stowe. Dit is ook baie goedkoper op die lang duur.

Alhoewel die aanvanklike uitgawe met die aankoop en installasie van ’n gasstoof hoog is, sal jy op die lang duur duisende rande spaar.

Lees ook: Wees gasveilig tydens beurtkrag

Wat jy moet weet oor beurtkrag en versekering

4 Koop herlaaibare of batterygedrewe ligte

Maak seker dat julle genoeg batterygedrewe or herlaaibare ligte en flitse in die huis het tydens die kragonderbrekings. Maak ook altyd seker dat julle genoeg batterye het en dat die ligte gelaai word wanneer die krag weer aan is.

’n Oulike idee is om ’n glasfles met batterygedrewe feetjieliggies te vul. Plaas dit oral in jou huis. Nie net is dit mooi nie, maar dis ook prakties tydens beurtkrag!

pexels

Boekwurms kan gerus belê in ’n kopflits sodat hulle steeds kan aanhou lees wanneer die krag af is.

Lees ook: Hoe gemaak met beurtkrag? ’n Paar pret wenke vir die hele gesin

Wenke om beurtkrag makliker te maak

5 Belê in ’n kragbank

Koop ’n kragbank om jou selfoon en skootrekenaar gelaai te hou – niemand wil met pap batterye tydens beurtkrag sit nie.

Só ’n kragbank kan selfs jou motor ongeveer 20 keer aan die gang kry! Die kragbank kan ook konstant lig verskaf vir 120 uur.

Klein motoropwekker/ kragbank (R1 195) Takealot

Lees ook: Pak beurtkrag stylvol aan met hierdie oulike kopies

Verskaffers:

Makro |makro.co.za

Le Creuset |lecreuset.co.za

Takealot |takealot.com

Cape Union Mart |capeunionmart.co.za

Yuppiechef |yuppiechef.com

Solar Cape Town |solarcapetown.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.