kategorieë: HareSkoonheid

Ons 10 beste haarwenke

1. Sjampoe jou hare twee keer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die eerste was verwyder natuurlike olie of die opbou van produkte op jou kopvel. Die tweede was reinig jou kopvel en verbeter die gesondheid daarvan.
– Stacy Shea, hoofopleidingsbeampte, Easihair Pro

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Druk ná ’n was die oortollige water uit jou hare en vat jou hare agter bymekaar asof jy ’n bokstert maak
Smeer opknapper slegs aan die bokstertgedeelte om te verseker dat die produk net op die mid-lengte en punte van jou hare is en nie op jou kopvel waar dit jou hare olierig kan maak nie.
– Stacy Shea, Easihair Pro

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Knip ’n kuif
’n Kuif laat almal jou lyk, of dit nou oor jou voorkop of kant toe gekam word. Dit trek dadelik die aandag van jou nek af en plaas die fokus op jou oë.
– Shelene Shaer, Tanaz Hair, JHb

4. Net genoeg hitte
Alle stileerprodukte wat volheid gee, benodig hitte om die produk te aktiveer. Dit gaan nie help om die produk aan te wend en die hare natuurlik te laat droog word nie. As jy nie jou hele kop wil droogblaas nie, fokus die warm lug dan net op die haarwortels waar jy volheid nodig het en laat die res natuurlik droog word. Kérastase se Ferme Fatale Blowdry Gel (R315, by uitgesoekte salonne) is wonderlik vir volheid wanneer jy jou hare droogblaas.
– Ria Gyapersad, Glampalm Hair

5. Droog jou hare af
Druk altyd ná ’n was oortollige water uit jou hare voor jy dit droogblaas. Dit sal baie vinniger gaan en jou hare sal baie minder hitte-skade oorhou.
– Die span by Stylebar, Kaapstad

6. Skep volheid
Jy skep meer volheid wanneer jy jou kop onderstebo hou terwyl jy jou hare droogblaas. Draai die hare bo-op jou kop in met ’n paar Velcro-krullers terwyl jou hare koud word.
– Die span by Stylebar, Kaapstad

7. Gebruik jou haardroër reg
Moet nooit die haardroër se punt (nozzle) direk teen jou hare en borsel hou nie. Hou dit minstens 10 cm weg, anders kan jou hare en die borsel beskadig word.
– Sean Cox, Swept Salon, Morningside, Johannesburg

8. Beweeg ondertoe
Hou die punt van jou haardroër in ’n afwaartse rigting – dit sal jou haarvliesies seël en gladder laat lyk.
– Sean Cox, Swept Salon, Morningside, Johannesburg

9. Beskerm jou kopvel
Wanneer jou kopvel gesond is, sal jou hare baie beter groei. Pas die beginsels vir die versorging van jou gesig ook op jou kopvel toe. Vestig ’n kopvel-roetine: reinig, skilfer af en bevog.
– Steven Turpin, Opleidingsbeampte -kreatiewe ontwerp, Moroccanoil

10. Gebruik ’n aanvulling
Wanneer jy ’n swak haarsnit vinniger wil laat uitgroei of net jou hare se toestand wil verbeter, drink ’n Biotin-aanvulling. Dit verskaf die nodige vitamiene om jou hare (en naels) sterk te maak en vinnig te laat groei. Dit is ook wonderlik vir vroue wat ná geboorte baie hare verloor het, en dit is veilig om tydens borsvoeding te gebruik.
– Ria Gyapersad, Glampalm

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.