kategorieë: Ons menseBekendes

Joshua na die Reën stel twee enkelsnitte vry

Met die vrystelling van sy twee jongste enkelsnitte, Wandel en Vlieërs verower hy nie net opnuut die harte van sy bewonderaars met sy sielvolle lirieke nie, maar bewys hy ook dat sy werk met tyd net beter word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

WANDEL, ’n popballade uit sy eie pen, gaan oor hom en sy vrou, Danél. Omdat hierdie so ’n persoonlike lied is, glo die sanger dat dit aanklank by ’n wye gehoor sal vind aangesien dit met ’n brose plek in die hart praat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: rooi rose gesels met Melissa Myburgh van Dinge van ’n kind

“Danél skep vir my ’n ruimte van aanvaarding en genesing; daar is niks wat ek nie vir haar kan sê nie. Ek is dankbaar vir ’n pad saam met haar, wat voel soos om te wandel deur woude, berge en deur riviere met die geluid van die wind deur die bome en die son se strale wat sag op die grond neerlê,” verduidelik hy.

Sy tweede enkelsnit, Vliërs, sluit mooi by dié tema aan en gaan oor die vryheid en verbintenis wat daar in ’n verhouding kan wees.

Die doel van hierdie ballade, wat hy saam met Liani Reynolds geskryf het, is om mense te inspireer om mekaar – binne ’n verhouding – die plek te gun om te droom en hulself te wees sonder dat die nabyheid verlore gaan.

“Ek onthou dit was ’n reënerige someraand op ons plaas. Liani het by ons gekuier, want ons was besig om aan ons albei se albums te werk! Laat die aand het ons besluit om ’n liedjie saam te skryf oor die mooi atmosfeer wat ’n mens in verhoudings met ander kan ervaar,” deel die liedjieskrywer. “Die beeld van ’n vlieër het opgeduik, en dit was gepas vir die snit. Selfs al vlieg ’n vlieër doer ver in die lug is hy steeds gekoppel aan die persoon wat die toutjie op die grond vashou. Dit is die vryheid en avontuur wat ’n mens in verhoudings kan hê.”

Al twee liedjies vorm deel van sy jongste album, Someraarde, en volg in die voetspore van vorige suksesvolle vrystellings, insluitend Arende, Sterrenet, Voshaarnooi, Vir Altyd, Die Wêreld Binne My, en vele meer, wat ongelooflik goed ontvang is.

Lees ook: Die 57ste Fleur du Cap-teatertoekennings by glorieryke geleentheid gevier

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

12 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

12 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.