Die HOMEMAKERS Fair sal die manier waarop jy in jou ruimte leef, verander.
Hestelle Robinson, Hoof Uitvoerende Beampte van HOMEMAKERS, sê: “Wat was, is nie meer nie en hoe ons leef, het verander. Huis is nie meer net waar ons woon nie, maar ook waar ons feesvier, ontspan, uitrus, leer, onderrig, werk, beweeg en soveel meer. Wat ons waardeer, is die ervarings en herinneringe wat ons maak met diegene saam met ons.”
Met hernude fokus op wat ‘n huis ‘n tuiste maak, sal verskillende sones ‘n allesomvattende uitstalling van tophandelsmerke en plaaslike vakmanskap insluit, alles onder een dak. Sien die nuutste in huisverbetering en -dienste, dekor, kombuise en toebehore, DIY en Smart Living, buitelug en landskap, stokperdjies en hoe om dit te doen, gesondheid en fiksheid, plaaslik vervaardigde keramiek, kuns mode en skoonheid, reis en avontuur, asook pret en kos. Uitstallers wissel van beginners en ambagslui tot multinasionale bedryfsleiers, wat die nuutste produkte en neigings deur gevestigde professionele persone in hul onderskeie velde ten toon stel.
Die struktuur van die nuwe lokaal maak voorsiening vir ‘n wye reeks aktiwiteite oor vier vlakke, wat gebruik sal word om splinternuwe wegbreek- en opwip-aktiwiteite in toegewyde sones aan te bied. Dit sal by elke lid van die huishouding aanklank vind.
Spesifieke areas soos Artisan, Fashion & Beauty sal ontwerpers en skeppers van nuwerwetse produkte ten toon stel, perfek as geskenke of om jouself te bederf. Ondersteun plaaslike en unieke handgemaakte skoonheidsprodukte, klere, juweliersware en bykomstighede. Ontwerpersbreekware en eksklusiewe kombuisware sal ook vertoon word.
Deel van enige Suid-Afrikaners se menswees is beslis heerlike kos en ‘n lekker kuier. Sluit by ons aan vir ontbyt, middagete of aandete by die Outdoor Food Truck Dining Zone, waar jy varsgemaakte straatkos en heerlike plaaslike gunstelinge kan geniet.
By The Eatery kan jy voorraad aankoop vir die spens, warm trooskos geniet en natuurlik iets om jou soettand te versadig. Geniet versnaperinge terwyl jy rondsnuffel of neem ‘n paar heerlike lekkernye huis toe om te geniet terwyl jy jou volgende opknapping beplan.
Travel, Leisure & Camping is in ons bloed, en ons is bekend vir ons liefde vir die langpad. Ontdek alles wat die reisbedryf bied, van gesellige karavane tot klassieke tente en die nuutste toerusting. Professionele advies sal byderhand wees om jou te help om ‘n welverdiende vakansie by jou huis weg van die huis te beplan.
“Die 2023 Johannesburg HOMEMAKERS Fair beloof om in al jou behoeftes te voorsien. Die afgelope twee jaar het die onmeetbare waarde van aangesig-tot-aangesig bemarking bewys. Verbruikers het wel ‘n behoefte om met verskaffers te skakel, verhoudings op te bou, te vergelyk, aan te raak, te voel, te ruik en gemoedsrus te kry voordat hulle ‘n aankopie doen. Verder het ons waardevolle ondervinding opgedoen in die aanbieding van digitale geleenthede. Ons sal dit gebruik om blootstelling te maksimeer, om uitstallers en besoekers ‘n hibriede aanbieding met meer reikwydte en waarde te gee. Hierdie aflewering sal groter en beter wees as ooit tevore. Dit is ‘n geleentheid om die perfekte leefstyl waarvan jy gedroom het, ‘n realiteit te maak,” sluit Robinson af.
Kyalami Grand Prix-baan en Internasionale Konferensiesentrum is goed geleë met maklike toegang, hope parkeerplek, moderne geriewe en ongelooflike uitsigte.
Algemene inligting:
Datums: 24 tot 26 Maart 2023
Tye: Vr 10h00 – 18h00 | Sa & So 09h00 – 18h00
Toegang: R120 Volwassenes| R60 Pensioenarisse|R20 Skoliere
Parkering: R20
Plek: Kyalami Grand Prix-baan en Internasionale Konferensiesentrum, H/v R55 &, Allandalestraat, Kyalami Estate, Midrand
Vir meer inligting skakel 086 111 4663 of e-pos expo@homemakers-sa.co.za.
WEN dubbelkaartjies na die HOMEMAKERS Fair in Johannesburg!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram of Facebook en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 12 Maart 2023