kategorieë: Gesondheid

Joga of pilates?

Wil jy jou weeklikse kardio-roetine komplimenteer met nog ’n oefening? Kies oefeninge met ’n laer aksie-impak soos joga of Pilates. Maar watter een is reg vir jou?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Niamh McGuirk, fiksheidsbestuurder by Planet Fitness, sê dit is ’n vraag wat sy dikwels gevra word, veral omdat beide gewild is. “Daar is beduidende verskille tussen Joga en Pilates. Joga verleng, versterk en balanseer die liggaam en gees, terwyl Pilates die kern insluitend die posturale, rug en abdominale spiere versterk.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

McGuirk sê dat daar is baie verskillende tipes Joga, maar die algehele voordele sluit in verhoogde buigsaamheid en mobiliteit sowel as krag en stamina in die liggaam.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Joga bevorder ook doeltreffendheid in asemhalingstegnieke wat die vloei van suurstofryke bloed aanmoedig en stres in die daaglikse lewe verminder. ”

Meditasie en ontspanning in Joga verskaf stiltetyd in ’n warboel-lewe, gee jou kans om diep asem te haal en verfris en vernuwe die liggaam en gedagtes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die voordele van Pilates sluit die algehele versterking van die kernspiere in. Dit stabiliseerder spiere van die skouers en heupe, ondersteun die rugspiere en ruggraat en die abdominale spiere. Dit sorg dat die liggaam meer doeltreffende funksioneer en voorkom beserings en pyn.

McGuirk sê dat mens nie noodwendig tussen die twee moet kies nie en eerder beide moet doen as jy ’n gesonde, sterk liggaam in stand wil hou. “Die roetines bied verskillende voordele wat almal voordelig is.”

Planet Fitness het ’n program wat beide bied: Les Mills Bodybalance is ’n samesmelting van Tai Chi, Joga en Pilates en bied jou die beste van elke veld. Dit word gekombineer met ongelooflike musiek en elke sessie word met ontspanning en meditasie afgerond.

Lees meer by www.planetfitness.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

50 mins Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

2 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

21 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

21 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

22 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.