Die Amerikaanse komediant en aanbieder van Fashion Police op E! Entertainment, Joan Rivers, is gister op die ouderdom van 81 oorlede nadat haar dogter toestemming gegee het dat die masjiene wat haar aan die lewe hou, afgeskakel word.
Rivers is aan die lewe gehou in ’n hospitaal in New York nadat sy ophou asemhaal het en aan hartstilstand gely het gedurende ’n keeloperasie verlede week.
Melissa Rivers, Joan se dogter, het in ’n verklaring gesê: “She passed peacefully at 1:17 p.m. surrounded by family and close friends.”
Bron: CNN News