kategorieë: Ons menseBekendes

Jo Black neem Brendan onder sy vlerk in nuutste seisoen van Op my Eish!

Wanneer jy liefde soek, het jy so nou en dan ’n klankbord nodig; iemand wat jou baie goed ken en jou belange op die hart dra. Wanneer jy op die koop toe in die openbare oog liefde soek, het jy meer as net raad nodig. Jy soek ’n vertroueling, ’n goeie vriend, iemand wat dalk net daardie klein bietjie ouer en wyser as jy is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is presies wat Jo Black vir Brendan Peyper is. Daarom het die ewe bekende 41-jarige Jo ingestem om Brendan (27) se wingman vir die nuwe seisoen van Op my eish! te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Jo en Brendan is goeie vriende en omdat Jo reeds ’n getroude man met kinders is, sal hy vir Brendan goed kan bystaan in die proses,” sê Jaco Spies, regisseur van die reeks. “Jo is natuurlik ook ’n gunsteling by ons kykers, en op die ou einde was dit ’n maklike en voor die hand liggende besluit.

“Ek glo Jo gaan vir Brendan ’n anker wees. Dit lyk na pret om die vrygesel op so ’n realtiteitsreeks te wees, maar dit is dikwels moeilik en kan ingewikkeld raak wanneer Brendan een van die vroue moet huis toe stuur. Jo se charisma en gemaklike persoonlikheid is beslis ’n aanwins vir die reeks.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die feit dat ons goeie vriende is en die vrymoedigheid van ’n pa-en-seun verhouding het,” sê Jo maak van hom ’n goeie wingman vir Brendan. “Omdat ek self in die industrie werk, is dit makliker om hom in ’n positiewe rigting te stuur en sy voete op die grond te hou. Danksy ons openhartige verhouding, gaan hy dit ook makliker van my op die ken vat.”

Vir Jo is objektiewe advies ’n wingman se belangrikste taak. “Dan moet jy betroubaar, lojaal en ondersteunend wees.”

“ ’n Wingman se uitsluitlike doel is om die vrygesel in ’n goeie lig te stel en die ys te breek met die eerste ontmoetings,” sê Jaco. “Hy leer ook self die vrou ken om só vir ons vrygesel goeie raad te gee.”

Wat hoop Jo kry Brendan uit die reeks?

“Ek weet wat dit beteken om ’n goeie vrou te hê, veral in hierdie bedryf,” sê hy. “As kunstenaar kry die wêreld altyd die beste van jou, maar jy kort iemand wat die stukke kan optel wanneer jy self op die vloer is.”

Waarna sien Jo die meeste uit?

“Om te sien of iemand dit regkry om Brendan se voete onder hom uit te slaan en hopelik die kans te kry om een van die mooiste liefdesverhale te sien ontvou,” sê hy.

“Ek het ingestem om deel van die program te wees omdat ek baie oopkop is oor die lewe en nie deure wil toemaak wat vir my oopgaan nie,” sê Brendan. “Mens weet nooit wat die lewe vir jou inhou nie en wat vir jou bestem is nie.”

Is jy dalk die vrou waarop Brendan nog altyd gewag het?

Skryf dan dadelik in by: https://www.dstv.com/kyknet/af-za/show/op-my-eish-.

Onthou om die volgende gereed te hê voor jy met die inskryfproses begin.

  1. Twee onlangse kleurfoto’s van jouself – een kop-en-skouers- en een vollengtefoto.
  2. ’n Afskrif van jou ID-dokument om te wys dat jy ouer as 21 is.
  3. Neem ook ’n kort video van jouself waarin jy jouself beskryf. Vertel meer oor jou familie, vriende, hoekom jy dink Brendan die man van jou drome is en wat jy uit ’n verhouding verwag. Die video moet opwindend wees, maar onder twee minute lank en daar moet geen musiek gebruik word nie.

Lees ook: Brendan Peyper soek liefde in derde seisoen van kykNET se Op my Eish!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

5 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

6 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

6 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

6 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.