kategorieë: Ontspanning

Jill Levenburg gesels oor ‘Abraham’

Jill Levenburg is op die oomblik te sien in Orpheus in Africa by die Fugard-teater, is Vrydag te sien in die rolprent Abraham en ook eersdaags in kykNET se nuwe sepie, Suidooster.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy speel die rol van Beulah in Jans Rautenbach se rolprent Abraham. Wat was die grootste uitdaging van die rol?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek wou real wees en terselfdertyd die aksent so eg moontlik kry. Ek wou ook die ritme van die vroue van daardie area oordra, hulle skerp sin vir humor wys en Beulah as ’n vurige vrou met ’n hart speel eerder as iemand wat haarself as ’n slagoffer sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe het jy Jans Rautenbach as regisseur ervaar?

Ek en Oom Jans het ’n baie besondere verhouding ontwikkel op daai stel. Ons het saam gehuil, saam gelag. Hy’t my geterg, ek het vir hom gesing, maar die belangrikste ding is ons het mekaar verstaan. Ek het geluister, gekyk en geleer. Oom Jans het alles raakgesien, ook as jy dink jy’s onsigbaar. Hy’t geweet wat hy wou hê en duidelik oorgebring na my as akteur. Ek het gevoel of ek op die regte plek op die regte tyd saam met die regte mense op hierdie vreemde en magiese reis was. Ek het ook die gevoel gekry dat Oom Jans wou hê dat ons gesien en erken word as kunstenaars.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is die een ding wat jy sal onthou van jou tyd op stel?

Al die mense wat ek ontmoet het, die ongelooflike landskappe om Oulap, die manier waarop die spelers en die tegniese span saam gewerk het op die beeldskone tonele. Ras Oosthuizen, die medevervaardiger wat intussen tragies oorlede is, wat my by die busstop kom haal het en hoe ons soos ou vriende gelag en gesels het. Hoe welkom Ras, Gustav Kuhn (vervaardiger), Wendy Malan (stel-inkleding) en Jackie Lätti my laat voel het en die meeste van alles, om Riku Lätti se liedjie “Waar gaan die wind dan?” te sing. Dis die liedjie wat gespeel word wanneer Katie huis toe stap van die drankwinkel. Ek wil meer Afrikaanse liedjies soos daardie sing. Ek dink Riku is ’n genie en die blindings van my hart het oopgegaan toe ek dit gesing het. Dit is die eerste keer dat ’n liedjie wat ek sing op ’n fliek se klankbaan is.

Wie sal Abraham geniet?

Almal. Kunstenaars, hul families, Suid-Afrikaners en mense van die buiteland. Dit is ’n wonderlike storie. Dis persoonlik, maar tog universeel. ’n Storie met ’n groot vet hart.

Wat maak die rolprent anders as ander Afrikaanse rolprente?

Ek dink die Koos Roets/Jans Rautenbach-kombinasie wat hierdie verhaal vertel wat in die tagtigs afspeel, en om dit te verfilm in Kannaland, maak dit tydloos, maar tog relevant.

Jy is op die oomblik ook te sien in Orpheus in Africa, David Kramer se produksie wat tans by die Fugard-teater in Kaapstad te sien is. Verkies jy musiekteater, film of TV?

Ek hou van al drie. Elkeen kom met sy eie uitdagings en genot. Ek hou van hoe elkeen van die prosesse iets anders van my vereis, vereistes wat ek op verskillende maniere aanpak. Elkeen het sy eie dissipline, rituele en fokuspunte. Dit bly interessant en ek leer voortdurend.

Waarmee is jy nog besig?

Ek werk bedags aan die nuwe kykNET-sepie Suidooster waarin ek die rol van Mymoena Samsoedin speel. (Suidooster begin op 16 November 2015 wys.) Saans is ek besig met Orpheus. Dan doen ek so af en toe radiodrama’s wat ek baie geniet. Ek hou van die feit dat mense jou karakter moet sien deur slegs na jou stem te luister.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

31 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

44 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.