kategorieë: Leef gesondGesondheid

Jig, maar dis seer!

Jig! maar dis seer! deur Salomé Delport. Foto:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou heel eerste jigaanval verklap dat jou gewrigte klaar taamlik siek is. Jou liggaam probeer jou vertel “hokaai”, en “maak so om hulle te beskerm”, sê dr. Martin Wells, Kaapse handchirurg. Hoe weet jy dit is regtig jig (gout)? Wat is artritis en rumatiek? En maak dit saak? Beslis, sê dr. Wells. “Behalwe dat jou dokter hulle verskillend gaan behandel, gaan jy ook tuis jig anders as artritis behandel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is dit jig? Is dit artritis?
“Rumatiek is een van daardie volksmondterme wat mense gebruik om te sê hulle het ’n erg seer gewrig, skouer, heup, vinger of selfs ’n elmboog. Eintlik is daar nie ’n siekte soos rumatiek nie. Wat ons bedoel, is dat ons óf jig óf osteoartritis of albei het. Hulle is elkeen baie spesifieke gewrigsiektes met hul eie kenmerke.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy kan met hierdie drie vrae taamlik akkuraat tussen die twee onderskei:
• Hoe vinnig het die pyn ontwikkel? Jig ontwikkel skielik oor ’n paar uur. Artritispyn ontwikkel stadigaan. Jy raak eerder oor weke of maande bewus daarvan.

• Hoe lank duur die pyn? Jig bedaar gelukkig. Ongelukkig kan jy volgende episodes verwag. Artritispyn bly konstant daar. Dit raak net minder of meer intens.

• Is ander gewrigte ook styf? Gewoonlik ervaar mense met jig pyn en inflammasie in net een gewrig – meestal die groottoon. Maar dit kan ook ’n vinger en selfs groot gewrigte soos jou skouer of knie aantas. Artritis veroorsaak ook dieselfde soort inflammasie maar jy ervaar ’n kenmerkende styfheid in ander gewrigte ook, al is hulle nie seer nie.

As jou dokter jig vermoed, sal hy moontlik jou uriensuurvlakke laat toets om sy diagnose te bevestig – of x-strale laat neem in die geval van artritis.

Lees ook: Watter kos veroorsaak jig?

Die enigste rede vir jig
Uriensuur is die groot sondaar – en dit word nie net deur die lekker lewe veroorsaak nie.

Wat is dit?
“Uriensuur is een van die finale afbreekprodukte van vertering. Jou niere skei dit uit en hou so jou uriensuurvlak laag. As jy meer maak as wat jou niere kan hanteer, beland dit in jou bloed. Jou liggaam probeer jou beskerm en sodra dit ’n kritieke bloedvlak bereik, word dit as kristalle neergeslaan.”

“Ons noem so ’n kristalliggaam ’n tofus. Hulle bou oor jare oral in jou liggaam op. Baie keer is hulle stabiel en jy weet nie eens daarvan nie. Maar soms – en veral by sommige mense – ontsnap uriensuurkristalle daaruit. Hulle lyk soos naalde en steek net so seer in die sagte weefsel, ligamente en kraakbeen rondom jou gewrigte. Soos altyd probeer jou liggaam jou beskerm en reageer met ’n inflammasie, en stort bloed en witbloedselle op die wonde uit, wat jy as daardie kloppende geswelde en pynlike gewrig ervaar.”

Hoekom dit lyk of jy kan wegkom met kul?
Baie mense sê jig slaan uit die bloute toe. Hulle sien nie ’n verband tussen ’n jigaanval en wat hulle eet, drink of doen nie.

Dit ís so, sê dr. Wells. “Dit gaan oor die vlak van uriensuurkristalle in jou bloed. Dit verander voortdurend. As jou vlak vandag laag is, sal drie koeksisters waarskynlik nie ’n jigaanval sneller nie. Maar daardie ekstra harde oefening wat jy die volgende dag inpas, stoot jou oor die grens – en daar het jy jou aanval al doen jy vandag alles reg.”

Lees ook: Gesondheidswense vir die partytjietyd

Wat van pille en operasies?
Die beste mikpunte is om so te leef dat jy nooit by mediese raad uitkom nie, sê dr. Wells. Die heel beste raad vir jig is die selfhelp-taktiek. “Onthou, elke jig-episode vernietig die seer gewrig ’n bietjie verder. Geen dokter kan ooit vir jou ’n gewrig so goed as jou oorspronklike gewrig teruggee nie.”

Uriensuurbalans is kompleks. Jy kan stabiele kristalle hê wat nie pla nie. ’n Hele klomp faktore kan veroorsaak dat die uriensuur daaruit oplos en dan skade doen op ander plekke in jou liggaam. Daar is soveel dinge wat daarop inspeel sodat baie mense op selfs die beste behandeling drie, vier aanvalle per jaar kan verwag.”

Mediese raad sluit in:
• Vir ’n noodgeval is kolgisien, wat jy sonder voorskrif kan kry, ’n groot uitkoms. Maar jy is nie veronderstel om dit langer as ’n week te gebruik nie. Dit veroorsaak boonop diarree.

• As voorskrifmedisyne bly Allopurinol ’n staatmaker. Soortgelyke nuwe medikasies behoort binnekort beskikbaar te wees.

Lees ook: Genetiese toetse vir medikasie

Baie mense kla dat dit jig vererger. Hoe werk dit?
“Daar is ’n kinkel in die manier waarop hierdie medikasie werk: Sodra dit die uriensuurvlak in jou bloed verminder, los die uriensuurkristalle in jou gewrigte stadigaan in jou bloed op, van waar dit in ’n ander gewrig soos jou groottoon kan neerslaan. Jy moet maar net aanhou met jou medikasie. Op die lang duur gaan dit die uriensuur wel afbring.

“Ons doen selde ’n operasie vir jig, maar dit gebeur soms dat ’n tofus so groot raak dat die vel daaroor skeur. Ons haal dan die tofus uit die gewrig.”

Lees ook: Eet jou gesond

Verklaring vir nagaanvalle
Jig se gunstelingplek is groter toongewrigte. Die teorie is dat jy deur die dag ’n bietjie edeem (water) in jou voete opbou, veral in die weefsel rondom die gewrig. Die uriensuur in jou gewrig bly opgelos, en pla jou nie. Snags wanneer jy slaap, dreineer die ekstra vloeistof weg. Minder water beteken dat die konsentrasie uriensuur opstoot. Terselfdertyd is dit snags koeler, wat kristallisasie van die uriensuur aanhelp. En daarmee het jy die perfekte resep vir pynlike uriensuurkristalle.

Lees ook: Raad vir suurheid wat regtig werk

Tien maniere om jig te keer

Aangesien die probleem uriensuur is, is die logiese oplossing om te kyk waar uriensuur in jou liggaam vandaan kom.

1 Sny hierdie kosse uit: Waarskynlik het jy klaar by Dr. Google gehoor dat as jy lewer, niertjies, ansjovis, sardiens, mossels, spek, kalkoen, wild en rooivleis beperk, sal jig jou nooit weer kom pla nie. Almal van hulle is ryk bronne van purien, wat na uriensuur afbreek – die volmaakte oplossing.

2 Maar jy eet dit nie juis nie en jy sukkel steeds? Dr. Masanari Kuwabara, hartnavorser van St Luke’s-hospitaal in Tokio, sê in ’n oorsigartikel op PubMed jou liggaam maak baie meer uriensuur op ander maniere as wat jy van purien-veroorsakende kosse kan kry. NICUS, die voedingsinligtingsentrum van die Universiteit Stellenbosch, stem saam en sê jy gaan beter vaar as jy hierdie wenke bysit:

3 Eet minder en minder gereeld. Jou metabolisme is een van die grootste skeppers van uriensuur. Hoe meer jy eet en hoe meer gereeld, hoe aktiewer is hy – en hoe meer uriensuur het jy. Dit help as jy nie peusel nie. Maar moet ook nie vas nie, aangesien dit ketose veroorsaak wat ook jou uriensuur opstoot.

4 Oefen – maar nie te veel nie. Dit voel baie onregverdig: jy oefen dan juis vandag om gister se sjokolade af te werk. Ongelukkig verhoog harde oefening jou energie-metabolisme en so jou uriensuurvlak ook. Aan die ander kant veroorsaak te min oefening meer uriensuur. Die kuns is om genoeg te oefen sonder om te ooroefen – en net jy weet waar die balans vir jóú lê.

5 Sny gaskoeldrank, sap en suiker uit. Suiker, spesifiek die fruktose daarin, breek af na uriensuur. Daarom skep alles met suiker vir jou probleme – ook die suiker in vrugte, gaskoeldranke, vrugtesappe, suikerversoete melkdrankies, sjokolade, lekkers, konfyte en selfs heuning – en veral HFCS (high fructose corn syrup) waarmee suikerstrope vir koeldranke en melkskommels dikwels gemaak is. Hoe soeter, hoe slegter vir jou jig.

6 Sny die drankies. Hulle is propvol kilojoules, waarmee jou liggaam niks anders kan doen as om dit af te breek na uriensuur nie – tensy jy met sjampanje in die hand draf, soos in daardie stokou fliek, Chariots of Fire. Bier is die nadeligste vir jiglyers. Hardehout is ’n klein bietjie minder riskant, terwyl ’n glasie wyn per dag baie jiglyers nie pla nie.

7 Drink liewer koffie (sonder suiker) Vier koppies koffie of agt koppies tee per dag verskaf jou genoeg kafeïen, wat jou sowaar teen jig beskerm.

8 Gebruik hormoonvervanging – as jy kan. Hoe laer jou estrogeenvlakke, hoe meer uriensuur in jou bloed. Daarom begin jig vroue meestal eers ná die menopouse pla.

9 Aspirien kan lol Dit lyk asof klein dosisse (juis die hoeveelheid wat mense drink om hul bloed te verdun, vir hartgesondheid) aan jig gekoppel word. ’n Vol dosis word nie daaraan gekoppel nie.

Lees ook: Aspirien: Wondermiddel mits …

10 Dit word aan jig gekoppel:
• Dehidrasie
• Down-sindroom
• Bier maar nie wyn nie
• Ná ’n operasie
• Langtermyngebruik van lae dosisse aspirien
• Talle medikasies
• Vitamien B3 (niasien)
• Ketose, wat kan ontstaan as jy vas.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.