kategorieë: Bekendes

Jennifer Aniston en Justin Theroux se paadjies skei

Deur Catherine Schenck. Foto: Greatstock/Camerapress

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Hollywood-paartjie Jennifer Aniston en Justin Theroux het pas aangekondig dat hulle gaan skei nadat hulle vir net meer as twee jaar getroud was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Egskeiding hoef jou nie te breek nie en 10 wenke om jou egskeiding te hanteer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jennifer en Justin het ’n amptelike persverklaring uitgereik waarin hulle bevestig dat hul paadjies skei. Dit kom na gerugte omdat dié twee die laaste ruk al hoe minder in mekaar se geselskap raakgesien is. In die verklaring het hulle verduidelik dat hulle eerder self die nuus wil deel as wat daar stories gesaai word sonder enige basis. Hulle het verduidelik dat die keuse saam geneem is en dat hulle steeds op goeie voet is met mekaar – hulle is steeds, in hul eie woorde,”beste vriende.”

Lees ook: Salf teen die seer: die belangrikheid van egskeidingsrituele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die glanspaartjie het mekaar in 2008 op ’n filmstel ontmoet en daarna, in 2011, ’n verhouding aangeknoop. Hulle is in 2015 in die geheim getroud – hulle het hul vriende gefop deur hulle te nooi vir Justin se 44ste verjaardagpartytjie, maar toe hul vriende en familie daar opdaag, het hulle almal verras en troue gehou in hul agterplaas.

Lees ook: Hoekom vroue in beheer van hul eie finansies moet wees

Intussen het Twitter gegons aangesien beide Jennifer Aniston en haar eksman Brad Pitt albei nou enkellopend is …

Lees ook: Brad Pitt en Angelina Jolie gaan skei en Brangelina -aan of af? en Margaret Gardiner se onderhoud met Angelina Jolie

Lees ook: Jou kind en egskeiding en Sal jou huwelik ’n baba oorleef?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/fongleon356   As jy volgende keer tussen…

8 hours Gelede

Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

Sensitiwiteit is nie ’n swakheid of iets wat reggemaak moet word nie. Dis iets wat…

10 hours Gelede

Bob Martin se virtuele portaal vir troeteldierversorging

Soms is dit moeilik om die ouer van ’n troeteldier te wees, veral wanneer dit…

10 hours Gelede

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

13 hours Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

14 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.