kategorieë: TrendsMode

Jenna Clifford gee jou juwele ’n nuwe lewe

Jenna Clifford is ’n Suid-Afrikaanse familie-onderneming wat sy ontstaan te danke het aan ’n begeerte om unieke en gehalte-erfstukke, geïnspireer deur vroulikheid, fauna, flora en simboliek te skep. Elke juweelstuk in die Jenna Clifford-reeks word deur klassieke ontwerpe gekenmerk en word deur geskoolde en toegewyde vakmanne met net die beste en kosbaarste materiale gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Behalwe vir hul juwele wat jy elke dag kan dra, is Jenna Clifford waarskynlik beter bekend vir daardie persoonlike skeppings wat ’n unieke juweelstuk verseker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Baie Jenna Clifford-juwele word ook geskep deur ’n spesiale proses wat as “Bespoke Remodelling” bekendstaan. Dit gee jou die geleentheid om die juweliersware wat jy nie gebruik nie, of waarvan jy nie meer hou nie (soos goud, diamante en ander edelgesteentes) in ’n pragstuk te laat omskep wat jou persoonlikheid weerspieël. Só kan jy die skakels van jou verlede behou en terselfdetyd jou juwele geniet.

Jenna Clifford ​​verstaan die belangrikheid van erfstukke en nooi jou uit op ’n ontdekkingsreis deur tyd terwyl hulle jou familiegeskiedenis, jou drome en jou kosbaarste simbole saamsnoer in ’n tekenende stuk wat eeue lank ’n erfstuk kan wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maak  gerus ’n afspraak met een van Jenna Clifford se kundige ontwerpers om jou juwele te bespreek en na die hermodelleringsproses te kyk. Só sal julle kan vasstel hoe jou juwele, binne jou begroting, in iets nuuts omskep kan word.

Vir meer inligting, besoek die Jenna Clifford-webstuise hier: jennaclifford.com of stuur ’n epos na info@jennaclifford.com

Jy kan ook jou naaste Jenna Clifford-boetiek besoek: Morningside 011 523 6600 | Lynnwood Bridge 012 368 4190


Jenna Clifford het hierdie maand ’n spesiale aanbod EKSKLUSIEF op alle “Bespoke Remodelling”-projekte. Jy kan 25%-afslag op enige hermodellering van ou juweelstukke kry. Besoek jou naaste Jenna Clifford-boetiek om in aanmerking te kom vir die promosie.

*Aanbod is slegs geldig tot en met 30 September 2017.


Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Die groot gemis: Hier’s wat jy moet weet as jy sukkel om swanger te raak

Deur Christa Swanepoel Dis ’n diep hartseer wat menige vrou ervaar. Elke maand, vir twee…

9 hours Gelede

Korslose hamquiches

Hierdie korslose hamquiches smaak heerlik én is laekoolhidraat!

11 hours Gelede

Jou somer-opknapgids vir jou tuin

Hier is ’n paar doeltreffende idees om plante gesond, mooi en goed gestruktureer te laat…

1 day Gelede

‘Kyk wie praat’: De Klerk en sy klitse keer terug na kykNET!

Berei jouself voor vir ’n lekkerlag-saamkuiersessie tydens die vierde seisoen van kykNET se vermaaklike Kyk…

1 day Gelede

Hou vlieë uit jou huis! Hier’s 10 afskrikmiddels wat jy self kan maak

Die vlieg is seker een van die mees onwelkome kuiergaste. In Suid-Afrikaners word vliegplae deur…

1 day Gelede

Bo-Kaap se bobaas-kok André Hill deel sy gunsteling-resep vir Valentynsdag

Aan die stuur van die Radisson RED Waterfront se opwindende kulinêre toneel is Uitvoerende Sjef…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.