Smulpape en jenewerliefhebbers kan deesdae breed glimlag aangesien daar soveel verskillende jenewers beskikbaar is. Boonop kan jy die lekkerste mengeldrankies met jenewer maak en hoef jy nie by die tradisionele “G&T” of Martini te bly nie, alhoewel dit steeds lekker en gewild bly. Hier is vyf van ons gunstelingdisse wat saam met jenewerdrankies voorgesit kan word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Stroganoff kan met ’n ligter jenewerdrankie gepaar word vir ’n interessante en nuwerwetse smaaksensasie. Hendrick’s Gin stel ’n mengeldrankie soos Raspberry Rose Royale voor, ’n mengsel van Hendrick’s Gin, suikerstroop, frambose en sjampanje.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Deur Hendrick’s Gin met vermoet (wyn), bitters en iriswortel- en vanieljerook te meng, sal jy ’n mengeldrankie kry wat kalkoen perfek komplementeer en jou gaste vir meer sal laat vra.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Trek maar die seekos nader! Jenewer-mengeldrankies kan saam met vis-en-skyfies geniet word, maar werk ook goed saam met vissoorte soos salm. Verskeie sjefs eksperimenteer selfs daarmee om jenewer in seekosresepte te gebruik.
Jenewer kan ook saam met nageregte soos sjokolademousse of kaaskoek met bessiemoes geniet word. Hendrick’s Gin stel voor jy bedien sjokolademousse met ’n mengeldrankie soos die Matinez, aangesien die bitterheid van die drankie ’n interessante smaakkontras met die soet sjokolade vorm.
Foto: Hendrick’s Gin
Wat van ’n jenewerdrankie saam met jou laatmiddagtee-komkommertoebroodjies? Ja, vanjaar se Hendrick’s Gin ‘Secret Order’-geskenkpak bevat nie verniet ’n pragtige porseleinkoppie en -piering nie. Wie het gesê jy moet nét tee drink?
Foto: Hendrick’s Gin
Hendrick’s Gin word, anders as gewone jenewer, in Skotland in stooksels van slegs 500 liter gedistilleer. Die jenewer word met komkommer, roosblare en ’n mengsel van 11 plante gegeur wat dit ’n verfrissende geur gee met ’n aangename blom-aroma. Met sulke karaktertrekke en balans van subtiele geure kan mens nie vir meer vra nie.
Geniet hierdie feesseisoen Hendrick’s Gin-mengeldrankies saam met jou vriende en geliefdes met dié eksentrieke feestydgeskenkpak.
Die ‘Secret Order’-geskenkpak is beskikbaar by uitgesoekte handelaars teen ’n voorgestelde handelsprys van R399.00. Hierdie beperkte geskenkpak bevat ’n 750ml Hendrick’s Gin en ’n pragtige porseleinkoppie en -piering. Elke geskenkpak bevat ook ’n resep vir ’n lekker mengeldrankie wat jy kan probeer.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.