kategorieë: VelsorgSkoonheid

Jel: ’n Nuwe manier om droë vel te behandel.

Jel: ’n Nuwe manier om droë vel te behandel. Foto: Verskaf. {Promosie}

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die probleem van droë vel

Daar is miljarde mense wêreldwyd wat met droë vel sukkel en die meeste van hulle gebruik gereeld produkte wat vir droë vel bedoel is. Droë vel word veroorsaak deur ’n tekort aan vog in die epidermis, wat veroorsaak dat die vel grof en jeukerig voel. In ernstige voorvalle kan vel selfs afskilfer, kraak en bloei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Faktore wat droë vel veroorsaak, sluit sonblootstelling, klimaat-uiterstes en daaglikse reiniging in. Warm water en seep verwyder die vel se beskermingslagie, wat weer veroorsaak dat die vog ontsnap – hitte, koue en die wind het almal die effek om vog deur die vel se olielaag te laat ontsnap. Die probleem van droë vel sal heel moontlik vererger met ouderdom soos wat die vel se olielagie dunner word en dus al minder vog kan behou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die huidige oplossing

Tradisionele produkte vir droë vel, soos rome, vloeirome en lyfbotter word meestal van water gemaak, wat nie van veel nut is nie, aangesien dit verdamp wanneer dit in kontak kom met die vel. Dít veroorsaak ook die koue sensasie op jou vel wanneer jy dit aansmeer. Dis ’n algemene wanopvatting dat water vog by jou vel voeg. Jou vel se vog kom van binne en word in stand gehou deur ’n dun, olierige beskermingslaag in die oppervlak van die vel. Daar is slegs twee maniere om droë vel te help verbeter. Die eerste en belangrikste is om te keer dat vog ontsnap deur ’n olie (of botter of was). Die tweede is om vog aan die buitenste laag van die vel te laat bind deur ’n bestanddeel wat ’n verdunningsmiddel genoem word.

Verdunningsmiddels los slegs in water op en dit is hoekom rome en vloeirome gewoonlik ongeveer 70% water bevat. Die probleem met room is egter dat, terwyl die produk probeer om die verdunningsmiddel met die vel te laat bind, die oorgrote meerderheid van die produk deur die vel afgeweer word deur verdamping.

Die nuwe deurbraak deur Bio-Oil®

Hierdie nuwe generasie-produk vir die behandeling van droë vel is geskep deur die vervaardigers van die wêreld se vooraanstaande litteken- en rekmerkprodukte. Bio-Oil® Dry Skin Gel neem bestaande droë-vel-tegnologie van rome, vloeirome en lyfbotter en verbeter dit deur die onaktiewe water (gewoonlik ongeveer 70%) in hierdie formules, deur olie te vervang om die produk 100% aktief te maak. Só bied dit dan die produk in ’n deurbraak jel-formule aan.

Aanwending

Wanneer ’n room gebruik word, moet ’n aansienlike hoeveelheid gebruik word omdat die waterinhoud verdamp sodra dit in kontak kom met jou vel. Omdat Bio-Oil® Dry Skin Gel ’n oliebasis het, hoef baie min gebruik te word om dieselfde area te bedek. Bio-Oil® Dry Skin Gel bevat geen preserveermiddels nie en is deur dermatoloë goedgekeur. Dit is hipo-allergenies en ook nie-komedogenies en is gepas vir alle veltipes.

Bio-Oil® Dry Skin Gel is beskikbaar by apteke en uitgesoekte handelaars landwyd in 50 ml (R59,99), 100 ml (R109,99) en 200 ml (R184,99). Vir meer inligting, besoek: www.bio-oil.com.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

23 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

23 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

24 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

24 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

1 day Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.