kategorieë: Ontspanning

Jane Austen is die nuwe gesig van die £10 noot

Die bekroonde en geliefde skrywer Jane Austen is gister op die 200ste herdenking van haar sterftedag onthul as die nuutste gesig wat sal pronk op die £10-noot. Sy vervang Charles Darwin, wat sedert 2000 daarop verskyn. Sy is die eerste vrou wat op die Britse Pond verskyn buiten, natuurlik, die Koningin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie banknoot sal amptelik op 14 September 2017 begin sirkuleer, maar versamelaars was gister reeds toegelaat om die eerste paar note aan te skaf. Lae reeksnommers van hierdie noot sal glo hoë pryse op veilings kry. Die noot word uit ’n nuwe soort polimeerplastiek gemaak wat meer duursaam en weerstandig teen vuilword is. Verder is dit veiliger want dit is moeiliker om na te maak. Die onthullingsgeleentheid het plaasgevind by Winchester-katedraal waar Austen begrawe is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Dié nuus het nie sonder kritiek gekom nie. Vele klagtes het ingestroom dat die beeld van haar gesig gedokter is sodat sy meer aantreklik en plomper voorkom. Die oorspronklike beeld is postuum geskilder deur haar suster na haar dood op die ouderdom van 41. Mense is ook ontsteld oor die aanhaling wat op die noot verskyn: “I declare after all there is no enjoyment like reading!” Alhoewel dié reëltjie baie optimisties klink, kom dit uit die mond van die karakter Caroline Bingley uit Jane se roman Pride and Prejudice – wat eintlik lees haat en die woorde nie ernstig bedoel het nie. Verder is verskeie diereregtegroepe en veganiste ontstig want die noot bevat steeds diervet soos vorige note.

Die redes waarom Jane Austen gekies is as die nuwe gesig vir die noot is veelvuldig. Dit kom daarop neer dat sy ’n groot impak gehad het op Engelse (en veral Britse) letterkunde – haar boeke word steeds gelees en is steeds relevant. Austen bly ’n interessante en enigmatiese persoonlikheid. Ons weet min van haar persoonlike lewe (deels as gevolg van haar familie en vriende wat haar persoonlike briewe en aantekeninge vernietig het om ’n spesifieke beeld van haar te bemark), en daarom min van wat sy eintlik probeer vermag het. Ons weet wel dat sy steeds haar gehore meesleur met haar liefdesdramas en skerp humorsin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie banknoot is nie die enigste voorwerp wat Jane Austen se lewe vanjaar vier nie. ’n Bronsbeeld is onthul in Basingstoke en regdeur die jaar sal daar feesvieringe plaasvind, museumuitstallings, konserte, en toere gereël word in haar tuisdorp en regoor Engeland. Die hutsetiket #JaneAusten200 trend op al die sosiale mediaplatforms en Austen-aanhangers maak van dié geleentheid gebruik om haar lewe en werk te vier.

Lees meer hier oor die feesvieringe van haar 200ste herdenking

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

7 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

10 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

11 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.