Nes jy dink jy het Jana Strydom al op haar mooiste gesien, verras sy jou. Die Jana van vandag lyk Frans – daarvoor sorg die sjiek eenvoud van haar vlootblou-en-wit romp en wit bloes, opgehelder deur ’n rooi serp in haar donker hare. Haar bloedrooi lippe omraam ’n breë glimlag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die afgelope paar jaar het Jana se loopbaanster beslis geblink. Sy was te sien in twee TV-reekse: Deon Opperman se epiese Donkerland, asook ’n hoofrol in Swartwater, waarin sy ’n gefolterde ma gespeel het wie se kind per ongeluk deur sy pa doodgeskiet is. Op die silwerdoek was sy te sien in Konfetti en Leading Lady, albei romantiese komedies, en Rose vir Rosie, ’n prent vir kykNET. Sy is by die 2013 Silwerskermfees aangewys as beste aktrise vir haar rol in Lika Berning se kortprent, Vashou-ding, en is ook te sien in Verskietende Ster, ’n Darrell Roodt-prent.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Dis duidelik dat Jana gaande oor haar kinders is. “Maar niemand het my gewaarsku hoe moeilik moederskap is nie! Jou hele fokus, alles, verskuif na hierdie nuwe mensie. Eintlik,” lag sy, “weet ek ook nie wat ek dan gedink het gaan gebeur nie. Maar om iemand se ma te wees, was ’n geweldige verandering.”
Al haar vooropgestelde idees oor moederskap het ná die geboortes van Ohan (5) en Luka (3) vinnig by die venster uitgevlieg, bieg sy. “’n Mens is eintlik heeltemal onvoorbereid op wat op jou wag. Gelukkig is ek deesdae baie meer ontspanne daaroor, maar aan die begin was dit moeilik.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die een dag kan jy nog gou vir ’n roomys winkel toe ry en skielik is jy ’n ma en moet jy die baba se voedingstye in ag neem, die stootwaentjie pak, die doekesak … alles is net soveel ingewikkelder.” Ná Ohan se geboorte het sy boonop aan nageboortelike depressie gely. “Dit het gevoel of alles buite beheer was,” onthou sy.
Sy lag lekker toe sy beduie hoe sy selfs mense met sterk parfuum van Ohan wou weghou. “Ek was so bang hulle oorstimuleer hom! En die boeke het ons juis so teen die gevare van oorstimulasie gewaarsku.”
Die feit dat sy ’n perfeksionis is, het natuurlik glad nie gehelp om haar depressiewe gemoed te kalmeer nie. Met haar tweede swangerskap het die ginekoloog haar aangeraai om ná Luka se geboorte dadelik met ’n kursus antidepressante te begin.
“Dit het ’n groot verskil gemaak. Ek weet dis altyd makliker met ’n tweede baba, maar danksy die antidepressante was dit hierdie keer emosioneel beslis makliker. Ek voel tot vandag toe skuldig dat ek van die begin af ’n beter ma vir Luka was as wat ek in daardie eerste maande vir Ohan was.”
Sy het intussen darem besef dat daar nie iets soos ’n superma bestaan nie. “Daar is ’n fyn balans tussen alles binne jou vermoë doen en die besef dat dit nie altyd moontlik is om alles te doen nie. ’n Mens mag dit net nooit as verskoning gebruik om nie eens te probeer nie.”
Dit help ook dat die kinders nou groter is en meer onafhanklik. “Vandat Luka twee geword het, haal ek makliker asem. Hulle begin nou saamspeel en dis te mooi om te sien hoe beskermend Ohan oor haar is. Hulle is mal oor mekaar! Ek sê altyd dat die band tussen hulle ouer as hul jare is – hul siele ken mekaar.”
En gaan Ohan en Luka in die nabye toekoms dalk ʼn sussie of ’n boetie kry? “Jong, ’n mens se biologiese klok tiek mos maar, maar ek dink ek sal voorlopig eers met my Franse bulhondjies teel,” sê sy glimlaggend.
Deur moederskap is Jana anders as die jong, pas getroude aktrise met wie ek nege jaar gelede gesels het toe sy haar eerste voorblad-sessie vir rooi rose gedoen het. Sy is hartliker, ooglopend meer ontspanne en moederskap het haar ’n sagtheid gegee. Maar sy is steeds net so seker van wat sy wil hê en in hierdie stadium van haar derde dekade is haar gesin haar alles.
Sy en Hannes wil ook meer bewustelik lewe.
“Disconnection is een van die grootste probleme van ons tyd. ’n Mens disconnect jouself van mense, van vriende, van die lewe. Ons wil dit aktief teëwerk en weer uitreik na die mense om ons. Ons vergeet so dikwels om net te stop en te vra of iemand orraait is. Wanneer ons kinders tantrums oor onbenullighede gooi, leer Hannes hulle altyd dat die lewe oor mense en verhoudings gaan.”
Daar is ook plek vir ’n bietjie meer spontaniteit in die lewe, glo sy. “Soms moet ’n mens nie te veel dink nie.” Sy is filosofies oor al die nuwe dinge wat sy en Hannes hierdie jaar wil aanpak. “Sommige dinge gaan ons regkry, ander nie.”
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.