James Small is oorlede. Hooffoto: Shutterstock/Greatstock
Volgens nuusberigte is die oud-Springbokvleuel, James Small, vandag, Woensdag 10 Julie 2019, oorlede. Hy is glo in Kaapstad oorlede kort na ’n hartaanval. Hy was op pad Johannesburg toe.
Small, gebore op 10 Februarie 1969, het sy eerste wedstryd as Springbokvleuel in 1992 teen die All Blacks gespeel. Hy was deel van die span wat die 1995 Rugby Wêreldbeker gewen het en het in 1997 sy laaste Springbokwedstryd gespeel. Hy het provinsiale rugby vir die Leeus, Haaie en Western Province (nou die Stormers) gespeel.
Daar is nog geen verdere nuus van sy afsterwe nie.