Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Die sous by dié nagereg is ’n regte staatmaker, berei dit in ’n kits en sit voor met roomys, pannekoek of gestoofde vrugte.
60g (¼ k) botter
170 g (215 ml) Selati Muscovado (of sagte bruinsuiker)
30 ml (2 e) melasse
15 ml (1 e) goue stroop
2 eiers
200g (360 ml) bruismeel
200 g dadels, ontpit
300 ml (1½ k) kookwater
15 ml (1 e) koeksoda
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
Sous
125 ml (½ k) dubbeldikroom
55 g (¼ k) botter, in blokkies gesny
55 g (70 ml) sagte bruinsuiker
30 ml (2 e) melasse
15 ml (1 e) goue stroop
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit 6 individuele vormpies met ’n inhoudsmaat van 250 ml met kleefwerende kossproei of smeer met botter.
1. Room die botter en die bruinsuiker met ’n elektriese klitser in ’n groot mengbak. Voeg die melasse, goue stroop, en eiers by. Meng goed tot die mengsel glad is. 2. Verlaag die spoed van die klitser en voeg die bruismeel bietjie vir bietjie by en meng goed. 3. Verwerk die dadels en kookwater in ’n voedselverwerker tot glad. Voeg die koeksoda en vanielje by die dadelpuree. 4. Meng die dadelpuree goed met die meelmengsel. Giet die beslag in die voorbereide vorms en bak vir 20 - 25 min.
Sous 5. Verhit die dubbeldikroom, botter, sagte bruinsuiker, melasse en goue stroop oor matige hitte. Roer deurentyd tot die suiker opgelos is en die mengsel begin kook. Haal die kastrol van die hitte af en hou eenkant. 6. Haal die poedings versigtig uit die pannetjies en sit dit met sous voor.