“Ek is ambassadeur van [die] panda,” het Chan op die rooitapyt aan Ryan Seacrest verduidelik. “Na aardbewings kry hulle seer en dan maak ek hulle groot. Ek het twee pandabere van my eie in China. Hulle gaan orals waar ek gaan.”
Chan se pandabeertjies het unieke name: Cheng Cheng en Long Long. Hy het hulle in 2009 aangeneem en skenk gereeld geld aan die groep Support Panda Conservation.
Die twee speelgoedbere waarmee Chan by die 89ste Annual Acadamy Awards opgedaag het, was uitgedos in silwer stewels, geel baadjies en UNICEF-naamplaatjies.
See Jackie Chan’s adorable (stuffed!) dates at the #Oscarshttps://t.co/SHruylqsEKpic.twitter.com/0Asr4kgaUQ
— People Magazine (@people) February 27, 2017
Chan het die twee speelgoed-pandas by Build-A-Bear laat maak nadat hy sy pandabere aangeneem het. Hy het ook later verduidelik dat hy die panda-ambassadeur is vir Ghengdu Giant Panda Research and Breeding Base.
Our Goodwill Ambassador @EyeOfJackieChan & ? with a #UNICEF pin at the #Oscars. Thank you for supporting our work #foreverychild! pic.twitter.com/9TzspKPloI
— UNICEF (@UNICEF) February 27, 2017
Jackie Chan boldly brought two dates to the #Oscars this year: two stuffed pandas ?? — and for a good cause https://t.co/GOakcN0P5dpic.twitter.com/oFVJx1KYIB
— CNN (@CNN) February 27, 2017
Chan is tydens vanjaar se Oscars met ’n ere-Oscar vereer, welverdiend ná 200 flieks gedurende sy loopbaan van 56 jaar.
If you ever want to feel happy, just look at some photos of Jackie Chan winning his honorary Oscar. #Oscarspic.twitter.com/lhRAQ1TMDa
— Ali Plumb (@AliPlumb) February 27, 2017
Jackie Chan won his FIRST Oscar. Congrats Jackie Chan! you deserve it! #Oscarspic.twitter.com/y4vgFaRwTC
— Movie Memories™ (@MOVIEMEMORlES) February 27, 2017
Lees hier wat Jackie Chan te sê het oor sy pandas, die Oscars en sy daaglikse lewe
Het jy geweet navorsing het bewys katvideo’s is goed vir jou, maar ons dink pandavideo’s is nog beter! Kyk net hier: