kategorieë: Ons menseBekendes

Jackie Burger: tydlose styl

Die term Mature Couture omskryf nie net modes vir ouer vroue nie – dit omvat as ’t ware ’n zeitgeist, ’n tydsgees, ’n ooglopende tendens na ’n veranderende houding jeens ouderdom. Ons ingewortelde persepsies en aanvaarde idees oor ouderdom word behoorlik onderstebo gedraai, en opskrifte soos “50 is die nuwe 30” of “60 is die nuwe 40” en “Grys is die Nuwe Blond” is aan die orde van die dag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Aftrede en ’n Zimmer-loopraam op 65? Van waar Gehasi? Die oorsprong van dié tendens? Dis die Baby Boomers wat verseg om oud te word. Dié energieke, ondernemende geslag wat tussen 1946 en 1964 gebore is, weier om die lewensverhoog hoflik en suutjies te ontruim – hullerig bloot die verhoog anders in om hulle te akkommodeer. Hulle is ryker, gesonder, slimmer en suksesvoller as enige geslag voor hulle en hulle gaan nie hul greep op die goeie lewe sommer net prysgee nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Inteendeel. Aktrise Glenn Close het dit op haar onlangse 68ste verjaardag só verwoord: “All your life, you think sixty is ancient, and all of a sudden, you find you’re sixty and you don’t really feel that different. I feel stronger and more engaged. This is the best time of my life.” Die gesig van die middeljare is merkbaar aan die verander. Die mode- en skoonheidsbedryf skrik nou (oënskynlik) wakker oor die koopkrag, skoonheid en aantrekkingskrag van ouer vroue.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jackie Burger (56)

Voormalige redakteur van die tydskrif Elle, is een van die bekendste stylikone in Suid-Afrika. Haar kenmerkende silwerwit haredos en unieke modestyl is opvallend. Sy het onlangs haar eie onderneming, Salon58, in Stellenbosch begin, wat daarop gemik is om in die klassieke Franse salonstyl (soos in die glorieryke dae van Coco Chanel) vir vroue ’n stylvolle moderuimte te skep. Sy wil vroue daar die kans gee om te speel, leer, eksperimenteer en hul eie styl te ontdek en ontwikkel. Ons het by haar kers opgesteek oor tydlose skoonheid en styl, waar ouderdom bloot ’n syfer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is jou filosofie oor skoonheid en styl wat nie aan ouderdom gekoppel is nie?

Hoe ouer (en wyser) ek word, hoe duideliker is die lewensles van “self”: self-aanvaarding, self-vertroue, self-agting. Een van Simone de Beauvoir se stellings het nog altyd tot my gespreek: “One is not born a woman, one becomes one.”

Met verjaring (nié veroudering nie!), kom ondervinding en keuses en dis ons eie besluit watter beeld ons wil uitstraal. Dis ongelooflik bevrydend om jou natuurlike self te bemagtig en vrye teuels te gee. Wat my bring by self-ontdekking: speel, eksperimenteer en kry die dinge wat jou mooi en vrou laat voel; dis die beeld van allure wat in die spieël terugkyk, wat koppe laat draai en jou as vrou met geheimenis en intrige omvou. Ek kom ook agter dat vroue op ’n sekere ouderdom ’n hunkering het na vernuwing en soeke na self – dit resoneer met my persoonlike lewensfase en ek kry soveel bevrediging om saam met hulle hierdie pad te stap.

Hoe het jou persoonlike styl met die verloop van tyd verander? Wat bly vir jou tydloos?

Ek het op die platteland grootgeword met ’n sterk verbeelding en soeke na kreatiwiteit. As ons dorp toe gegaan het, het ek in die biblioteek oor die bladsye van tydskrifte en boeke gaan reis. So het sekere beelde net by my begin vassteek en my verwysingsraamwerk gevorm. Dis deel van wie ek is, my persoonlikheid, om met ’n sesde sintuig en baie visueel iets vas te vang wat vir my mooi en sinvol is en dan eien ek dit vir my toe.

Selfs as tiener wou ek eerder my broer se klere dra, omdat dit ’n meer getailleerde vorm gehad het as die modes van die sestigerjare. My visuele aanslag was van die begin af daar maar ek het nog altyd met idees geëksperimenteer. Veral as ’n mens jonger is, is dit lekker om jou stylidentiteit te ondersoek.

Jy het lank voor silwer/wit/grys hare in geraak het, reeds daardie keuse gemaak?

My pa het welige silwer hare gehad – dit was vir my treffend en so deel van sy persoonlikheid. Hy was ook vroeg “grys” en wys; wat my geïnspireer het om my eie silwer dos met dieselfde energie en oortuiging as my pa te omarm. Dit het tog glad nie met my ouderdom te make nie!

Jou wenke vir vroue om met grasie en styl ouer te word?

  • Fokus op die positiewe en aanvaar wie jy is met oorgawe.
  • Ontwikkel jou persoonlike styl en dra dit met selfvertroue.
  • Versorging is noodsaaklik. Belê in goeie skoonheidsprodukte en gaan gereeld vir gesigsbehandelings.
  • Goed versorgde hande en voete en hare wat blink en modern gesny is sonder om uitspattig te wees.
  • Kyk na jou gesondheid en kry insae in wat met ons gebeur namate ons ouer word. Gee aandag aan die nodige aanvullings, eetgewoontes en oefenprogram wat by jou leefstyl pas en jou lewenskrag onderskraag.
  • Werk aan jou gedagtes en onsekerhede – passie en ’n positiewe lewensuitkyk is die beste wapens teen ’n vaal, vervelige oudag en voorkoms.
  • Dra jou styl met oorgawe en ’n vonkel in jou oog en onthou om altyd te waag met ’n nuwe kleur lipstiffie, ’n ander parfuumgeur of die mooiste skoene denkbaar. En loop koop daardie byderwetse, stylvolle sonbril wat jou na ander wêrelde se sonskyn wegvoer!
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

37 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

50 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

4 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.