kategorieë: Ons menseBekendes

Jaci en JP is terug! Netflix word Semi-Soeter met nog Afrikaanse kykstof

Deur Thinus Ferreira. Foto’s: Verskaf/Netflix

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die stromingsdiens Netflix bederf binnekort Afrikaanse kykers met nóg ‘n Afrikaanse dramareeks, sowel as die fliek Semi-Soeter, ‘n opvolgfliek van die 2012-lokettreffer Semi-Soet. Anel Alexander en Nico Panagio se karakters is albei terug, en moet dié keer saam vir ‘n baba sorg!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Netflix het nog nie Semi-Soeter, ‘n romantiese komedie, se vrystellingsdatum bekend gemaak nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Verskaf/Netflix

Kykers kan wel solank na  ‘n nuwe dramareeks Tuiskoms uitsien wat vanaf 28 Februarie op Netflix te sien is. Die aktrise Michelle Botes, wat in Desember oorlede is,  sal hierin te sien wees. Dit was haar heel laaste TV-rol.

“Ons is nie net een ding nie. Ons bied die beste in flieks, TV, dokumentêre, komedie, animasie en regstreekse geleenthede,” het Bela Bajaria, Netflix-inhoudshoof, gesê oor Netflix se nuwe inhoud vir 2025.

“Ons is nie bang om groot te waag op aangrypende stemme en nuwe idees nie – of dit nou storiekinkels, ‘n oorspronklike verhaal of ‘n groot regstreekse oomblik is.”

Semi-Soet was vir lank slegs op DStv (kykNET) en is sedert 2022 op Netflix vir internasionale kykers beskikbaar.

Semi-Soet se sterre – Anel Alexander en Nico Panagio – is albei terug in hul rolle as Jaci en JP. Hierdie keer spruit die situasie-komedie uit die omstandighede wanneer die twee na ‘n baba moet omsien.

Anel Alexander wat Semi-Soet geskryf en vervaardig het, is weer skrywer, vervaardiger en aktrise. Joshua Rous is ook weer terug agter die skerm as regisseur.

Benewens Anel, Nico en Joshua is die karakters van Karla en Hertjie ook terug en word weer deur Sandra Vaughn en Louw Venter vertolk. Selfs Diaan Lawrenson is weer as die verstrooide Chadri te sien. Neels van Jaarsveld maak ook ‘n verskyning.

Foto: Verskaf/Netflix
Foto: Verskaf/Netflix

Tuiskoms, ‘n nuwe Afrikaanse TV-reeks op die stromingsdiens, is Netflix se tweede Afrikaanse dramareeks wat in Suid-Afrika verfilm is en volg in die voetspore van Ludik, die Afrikaanse misdaadreeks waarin Arnold Vosloo in 2022 te sien was.  Die reeks, wat in Wildernes in die Wes-Kaap afspeel, word as ‘n hartroerende Afrikaanse romantiese dramareeks beskryf.

Foto: Verskaf/Netflix

Amalia Uys speel ‘n sjef en weduwee genaamd Fleur teenoor Michelle Botes wat in haar heel laaste rol op skerm as Abigail, Fleur se ontfermende ma te sien sal wees.

Michelle is in 2024 kort voor Kersfees oorlede nadat sy haar twee-jaar lange stryd teen ‘n aggressiewe en ongeneeslike tipe bloedkanker bekend as miëloom, verloor het.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Izette Blignaut oor ‘Binnelanders’ se geheimsinnige Petro

Foto: Verskaf/Netflix

Tuiskoms is verlede jaar deur Infinity Films verfilm, met Louis Pretorius en Albert Snyman as die mede-vervaardigers en Nina Swart as die regisseur. Almal op stel was bewus van Michelle se kankerstryd en meen sy was die toonbeeld van professionaliteit en het haar nie deur haar kankerdiagnose en -behandeling laat onderkry nie.

Hoewel kykers Michelle as aktrise sal onthou vir haar feekserige en vurige rolle soos Cherel in SABC3 se Isidingo en M-Net se Legacy, vertolk Michelle hierdie keer die rol van ‘n besorgde, liefdevolle ma wat haar volwasse dogter help om weer die lewe in die oë te kyk.

Na Fleur haar man, huis en restaurant verloor, keer terug na haar ma se huis in Wildernis waar sy in ‘n blommewinkel ‘n nuwe hoofstuk van haar lewe begin … en dalk ook net nuwe liefde vind.

Foto: Verskaf/Netflix

Die rolverdeling spog ook met Armand Aucamp, Pierre van Pletzen, David Minnaar en Catona James.

Foto: Verskaf/Netflix
Foto: Verskaf/Netflix
Foto: Verskaf/Netflix

Lees ook: Maria Doyle Kennedy oor Recipes en vrouwees op die platteland

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is

Deur Maretha Botes   Dewitt Jones het 20 jaar lank foto’s vir  National Geographic geneem.…

6 hours Gelede

Nuwe gesig in ‘Skemergrond’: ‘Kirby bring baie pret én hartseer saam met haar’

Chanté Grainger, die talentvolle aktrise wat bekend is vir haar rolle in, onder meer, Arendsvlei, Suidooster en Summertide, maak…

7 hours Gelede

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

  ‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…

3 days Gelede

Bloubessie-en-jogurt-yslollies

Wat is lekkerder as ’n yskoue yslollie op ’n warm somersdag? Probeer ons lekker resep…

3 days Gelede

Tamatietert

Hierdie is my vriendin Anita se smullekker resep. Genoeg vir vier.

3 days Gelede

Oosterse waatlemoenslaai

Wat is somer sonder slaai? Hierdie Oosterse waatlemoenslaai sal jou mond behoorlik laat water. Resep…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.