kategorieë: Bekendes

Jacaranda FM stel nuwe ontbytprogram bekend

Martin is vir drie agtereenvolgende jare gekies as SA se gunsteling radio-aanbieder en is ook ’n rockster, Afrikaanse sanger, televisie-aanbieder en akteur. Tumi Morake is SA se top vroulike komediant, TV-ster, bekroonde aktrise, skrywer en ma van drie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Beide Martin en Tumi bring ’n wonderlike vermenging van persoonlikheid na die radiogolwe – Martin wat trots Suid-Afrikaans, groothartig en vrygewig is en Tumi wat braaf, snaaks en super skerp is. Saam is hulle gerat om ’n energiebelaaide ontbyt op te dis wat bekend, maar skerpsinnig, trots Suid-Afrikaans, sorgsaam en EG is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Beide aanbieders sê dat hulle gereed en oorgehaal is om weg te spring met Suid-Afrika se beste ontbytprogram.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Martin sê: “Dis ’n baie opwindende uitdaging – splinternuwe, toonaangewende materiaal. Ons het ’n fantastiese span en ek is ’n aanhanger van elke individuele rolspeler, veral Tumi. Ek is mal oor haar energie en sin vir humor en die feit dat sy ’n ding op die naam noem. Dis ook ’n reuse voorreg om ontbyt te kan geniet saam met die mees invloedryke, hardwerkende gehoor in die land en ons kan nie wag om op die lug te kom nie!”

Tumi sê dat dit vir haar ’n definiërende oomblik in haar loopbaan is: “Om deel te word van ’n kraakvars nuwe ontbytprogram en my tande in radio te slyp is beide angswekkend en opwindend. Dié is vir my ’n goue geleentheid om saam met een van die beste radio-aanbieders in Suid-Afrika te werk en om ook sy groupie te wees wanneer hy sing! Ek het alreeds so baie by Martin geleer en die span is uiters dinamies!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jacaranda FM se Algemene Bestuurder, Kevin Fine, sê: “Martin en Tumi is aan die kruin van hul velde en maak die perfekte kombinasie vir ’n splinternuwe, nog-nooit-vantevore-gedoen-nie program. Die gehoor sal baie vinnig hulle harte op dié twee verloor.”

Programbestuurder, Gavin Meiring, glo dat hierdie span ontbytradio in Suid-Afrika gaan definieer: “Martin Bester het ’n uitstekende begrip van ontbytradio en om hom met iemand van Tumi Morake se kaliber saam te span gaan sensasioneel wees.”

Breakfast with Martin Bester & Tumi Morake sal vanaf 3 Julie 2017, tussen 6 en 9 vm, op die lug wees, met meer as ’n kwart miljoen rand te wenne in die eerste week van die program.

Inligting verskaf deur Jacaranda FM

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

6 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

7 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

9 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

11 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.