Jacaranda Day is een van die grootste hoogtepunte op Gauteng se sosiale kalender en sal sorg dat die Monument-amfiteater ’n hele paar grade warmer sal wees op Saterdag, 27 Mei 2017. Aangebied deur Jacaranda FM in trotse samewerking met Gumtree, is die more music you love-stasie oorgehaal om gehore te vermaak met meer kunstenaars waaroor hulle gaande is.
Jonk en oud sal bederf word met eersteklas-uitvoerings deur Matthew Mole, Shekhinah, Mango Groove, Karen Zoid, Francois van Coke, Martin Bester, Dr. Victor, Riana Nel en DJ Kent. Dié sterbelaaide lys kunstenaars sal gekomplementeer word deur die geselskap van die skare se gunsteling Jacaranda FM-aanbieders.
Jacaranda FM se algemene bestuurder, Kevin Fine, sê: “Mense stroom elke jaar in hul duisende na Jacaranda Day. Hierdie jaar het ons weereens ’n eersterangse program by ’n geleentheid wat beslis een vir die boeke sal wees – ’n volle dag van top treffers wat die hele gesin kan geniet.”
Die kunstenaars deel in dié entoesiastiese sentiment:
Claire Johnston van Mango Groove: “Al elf van ons is baie opgewonde om julle op die 27ste Mei te sien!”
Shekhinah: “Ek kan nie wag om by Jacaranda Day op te tree nie. Ek is só reg om die energie van die gehoor in te neem en daai verhoog aan die brand te sing!”
Francois van Coke: “Dis baie opwindend om deel van hierdie fantastiese program te wees. Dis my eerste keer by Jacaranda Day en ek is super opgewonde!”
Dr. Victor: “Kom sien ons in lewende lywe by Jacaranda Day. Kaartjies verkoop vinnig, so as jy nog nie joune het nie, kry hulle nóú!”
Jacaranda Day 2017 skop om 11h00 af en sal om 19h00 afsluit.
Kaartjies kos R150 per volwassene en R75 vir kinders onder 12 en is beskikbaar by jacarandafm.com