Daar was vier kategorieë waarvoor fotograwe na hartelus hul kunswerke kon inskryf. Dié kategorieë was: Reis-portrette, Buite tonele, Sin van Plek en Spontane oomblikke.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die kompetisie is deur National Geographic Society geborg en was vir 12 weke onderweg waartydens Traveler-tydskrif se redakteur, Maggie Zackowitz, se weeklikse gunstelinge op die tydskrif se webtuiste gelaai is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Beoordeling het in twee rondtes geskied. Tydens die eerste rondte het beoordelaars tien foto’s gekies wat die beste aan die kriteria vir inskrywings voldoen het. Dié kriteria was (1) 50% kreatiwiteit en (2) 50% kwaliteit. Die top-tien foto’s het dan na die tweede rondte deurgedring waar die beoordelaars gesamentlik op die wenners vir die onderskeie kategorieë besluit het. Daar was altesaam drie hoofpryse op die spel, asook sewe meriete pryse.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die eerste prys was aan die algehele wenner toegeken en behels ’n National Geographic foto-ekspedisie van agt dae in Costa Rica en die Panama Kanaal.
Die tweede prys behels ’n National Geographic foto-ekspedisie van ses dae te Winter Wildlife in Yellowstone vir twee persone.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die derde prys is ’n sesdag bootreis vir twee op ’n passasiersboot van Schooner American Eagle en Heritage.
Die sewe wenners van die meriete pryse het elk ’n R 2 500-geskenkbewys vir B&H Photo, ’n National Geographic Masters of Photography-kursus DVD en ’n gratis inskrywing vir die Traveler-tydskrif ontvang.
Hier is die algehele wenner:
Whale Whisperers deur Anuar Patjane
Besoek gerus National Geographic se webtuiste om die ander wenners se kunswerke te aanskou. Klik hier
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.