Ja, jy kan tetanus van ’n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet deur Irma du Toit*
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Sê “klem-in-die-kaak” en dit klink soos ’n punchline van ’n platterige grappie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Maar praat van “tetanus” en dit klink sommer gewigtig.
Wel, die dag wanneer jy ’n mak hond se kop – of poot – streel en hy haak af en byt jou in die gesig, word dié grappie ’n nare werklikheid.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Dis wat met my gebeur het.
So aan die einde van verlede November het ons vir ’n musiekvertoning van Pretoria na Potchefstroom gereis. Dit was heerlik, en natuurlik het ons ná die tyd ’n bietjie saam met ou vriende geëet en gekuier, en het ons by ’n gastehuis oornag, want vir terugry Gauteng toe het niemand kans gesien nie.
Vriendelike mense by die gastehuis. Vriendelike huisdiere. Almal het rustig buite op die stoep gesit vir ’n loopdop en laaste geselsie, en tussendeur die kat gestreel, met die papegaai gesels, en die huis se silwergrys weimaraner bewonder.
’n Lieflike, rustige hond.
Hy’t langs my kom sit en sy poot op my knie gesit, soos goed gemanierde honde mos doen. Ek het hom eers oor die kop gestreel en toe so gevat aan die been waaraan die vriendelike poot vas is. Soos ek met ons honde ook doen. So ’n bietjie kielie-kielie, en hulle hou gewoonlik sommer baie daarvan.
Die volgende oomblik, heel uit die niks, het hy – kom ons noem hom Willem, dié weimaraner – hard gegrom en my vol in die gesig gebyt.
Vyf tande in die kaak, wang en mondhoek ingeslaan. Gelukkig was ek verstar van skok en het nie weggeruk nie – dít is wat dikwels erge skeurwonde veroorsaak, het die dokter later verduidelik.
Dis eers toe die bloed begin spuit dat die res van die geselskap besef het iets is fout.
Ek het soos Lot se soutpilaarvrou daar gesit, te geskok om ’n woord uit te kry. Die man van die huis het dadelik opgetree en Willem aan sy halsband weggetrek en iewers heen verban.
Die res het geskarrel om handdoeke, watte en nog wat bymekaar te maak. Hospitaal toe was die enigste oplossing.
Die gastehuis was op ’n plaas sowat 30 km buite die dorp. Omdat die res van die geselskap effe onder die prop was, moes ek boonop bestuur. Ek het darem geselskap gehad, een brawe siel wat langs my gesit het met ’n handdoek teen my gesig om die bloed te stop.
By die hospitaal het die jong dokter onmiddellik, sommer nog in die voorportaal omtrent, vir my ’n anti-tetanus-inspuiting gegee.
“Wanneer laas het jy jou vorige anti-tet gehad?” wou die verpleegster weet.
Ek moes my kop skud. Helaas.
Ek het nog nooit een gehad nie.
“Nie eens op skool nie? Almal kry dit deesdae! Dis al jare lank ’n verpligte inenting op skool!” het sy met my geraas.
Nope.
Ek was vir seker daardie dag seker afwesig.
Die jong dokter was prakties en ferm. “Teater toe met jou,” het hy dadelik besluit.
My arme dronkerige vriend wat saamgery het, moes al die vorms invul. Gelukkig was my mediese fonds-kaart en ID alles in my handsak.
Eers is al die wonde goed doodgespuit. Dit was dêm seer. Toe het my dokter versigtig elke gat tot in die donkerste dieptes skoongemaak en ontsmet. Een hondetand het tot op die kakebeen ingesink, ’n ander een het my mondhoek oopgeskeur. Die ander drie was elders versprei.
Een in die nek – hy kon ’n aar raakgebyt het! en die ander soos slangpikke langs mekaar in die wangvleis.
My dokter het heeltyd kalm vertel hoe gelukkig ek is dat Willem nie ’n oog of selfs my neus of tong gevang het nie.
Toe het hy met Job se geduld elke gat begin toewerk.
Sowat twee uur later was ek gereed om ontslaan te word.
Ek moet maar oplet vir nagevolge, het hy gewaarsku. Mense kry nie meer deesdae sommer tetanus van hondebyte nie, meer van geroeste spykers of doringdraadkrappe. Tensy die hond om een of ander rede besmet is. Veral as hy toegang het tot vuil grond, dit wil sê grond waarop daar diere-ontlasting en ander aardighede rondlê. Wel, dit ís ’n plaas, het ek vaagweg gedink. Maar my nie verder bekommer nie.
Willem wás, egter.
Besmet.
Hy het ’n oop seer op sy elmboog gehad waarvan die eienaars nie bewus was nie en het een of ander bakteriële infeksie opgedoen.
Dit was toe ek aan daardie pynlike wond op sy been raak dat hy uit reaksie gehap het. My gesig was net in die pad.
Let wel: hy was nié hondsdol nie, dít is ’n gans ander storie.
Sowat vyf dae later het die spierpyne begin.
Die aanvangstydperk vir tetanus en die verskyning van die simptome is enigiets van drie tot 21 dae nadat jy met die bakterie Clostridium tetani geïnfekteer is.
Die gemiddelde aanvang van simptome is sowat tien dae, maar soms kan dit net 24 uur wees, of selfs twee maande, hang af hoe akuut die infeksie is.
“Maar mense kry nie meer klem-in-die-kaak nie,” hoor jy gereeld.
Wel, dit gebeur.
En dit is een van die gevaarlikste bakteriële ontstekings in omloop, want benewens ’n voorkomende anti-tetanusinspuiting elke tien jaar, is daar heeltemal niks wat die mediese wetenskap vir jou kan doen nie.
Tetanus is miskien nie so wydversprei soos malaria en tuberkulose nie, maar die kanse om daarvan te sterf is die hoogste van enige nie-karsinogeniese siekte.
Meer as 30% van mense wat tetanus opdoen, gaan dood.
Ek het sowat twee maande nadat ek dit gekry het, vir ’n doktersvriend wat in Australië woon, daarvan gesê. “En jy lééf nog?” was sy geskokte reaksie. “Jy’s d*nn*rs gelukkig!”
Mense in Australië kry blykbaar nie tetanus nie.
Om te sê dat tetanus jou lewensgehalte en beweeglikheid inperk, is ’n reuse-eufemisme. Dit lê jou so te sê lam.
Op die ergste was dit onmoontlik om te loop. Jou bobeen- en kuitspiere wil eenvoudig nie werk nie, en in die middel van die nag kry jy sulke spasmas dat jy omtrent in die fetusposisie moet lê om dit te verlig en asem te kan kry. Selfs om op jou skootrekenaar te tik, is onmoontlik. Jou onderarmspiere weier volstrek om, wel, te strek.
In die Middeleeue – en selfs daarna – het dokters en priesters gedink mense met tetanus is van die duiwel besete, want hul liggame het in die allervreemdste vorms vervorm.
(Daar is ’n 1809-skildery deur sir Charles Bell van ’n soldaat met tetanus, sy gesig vertrek van die pyn, hande inmekaargebal en sy rug in ’n boog gekramp soos die res van sy lyf se spiere saamtrek. Nie ’n mooi prentjie nie.)
Antonio Carle en Giorgio Rattone van die Universiteit van Turyn het die oorsaak van die siekte in 1884 bepaal. ’n Entstof is in 1924 ontwikkel. Gevolglik was die aantal tetanus-gevalle in die Tweede Wêreldoorlog aansienlik minder, maar in alle oorloë daarvóór het tetanus onder die soldate gemaai.
Natuurlik gee hulle jou medisyne soos spierverslappers en pynpille. Maar dit maak jou nie gesond nie, dit verlig net die simptome.
Dikwels gaan tetanus ook met verhoogde bloeddruk, hartkloppings, sweet en koors gepaard.
Dis nou byna ’n jaar later.
En soms, net soms, loop ek in ’n inkopiesentrum en moet skielik soek vir ’n stoel, of dubbelvou en my bene vashou, want daar is ’n skielike kramp.
Maar danksy die dokter se vinnige optrede in Potch se Mediclinic-ER en my huisdokter se noukeurige hulp ná die tyd, is dié onvoorsiene nagmerrie nou verby.
Ek sal nooit weer vir ’n klem-in-die-kaak grappie lag nie.
*skuilnaam
Dié ernstige infeksie word deur die bakterie Clostridium tetani veroorsaak en het ’n toksiese effek op die brein en senustelsel.
Dit lei tot erge pyn en spasmas in die gesig-, bors- en ander spiere, veral arms en bene.
Die woord “tetanus” stam van die Griekse woord “tetanos” af wat beteken “om te strek” of “styf” (Engels: “taut”).
Hoofsaaklik mense wat nie ingeënt is met die anti-tetanus-entstof nie, en blootgestel word aan besmette diere of grond, geroeste yster soos ou spykers en doringdraad. Dit kom gewoonlik by ouer mense voor, asook by landbouwerkers wat baie met diere-faeces in kontak kom.
Die bekendste, of mees algemene, is aanvanklik ekstreme styfheid in die kaak, nek en bors, maar ander spiere en uiteindelik die hele liggaam, word ook aangetas.
Nee, nie van mens tot mens nie.
Benewens die voorkomende entstof, kan daar niks aan gedoen word nie. Die pasiënt “has to ride it out”, soos die dokters gewoonlik sê.
In ernstige asemnood vanweë borsspierspasmas, kan die pasiënt op ’n ventilator gesit word vir gemak, maar dit maak nie die siekte gesond nie.
Sowat tien jaar, maar dis goed om so elke vyf jaar vir ’n opkikker te gaan, veral as jy tevore reeds tetanus opgedoen het. Teen jou dertigste jaar moes jy minstens al drie anti-tetanus-inspuitings gekry het.
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.