Genoeg vir 4
• 4 hoenderborsies in blokkies gesny (gebruik 1 borsie per sosatie)
• 1 vars pynappel, geskil en in blokkies gesny
• 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
• 1 medium rooi-ui, in blokkies gesny
• olyfolie
• paprika
• origanum
• cajun-speserye
• heuning
• sesamsaad
• vars kruie vir garnering
1 Week die sosatiestokkies in water vir ongeveer ’n uur om te voorkom dat dit brand.
2 Maak die hoenderblokkies vooraf gaar sonder enige sout of kruie.
3 Ryg dan die hoender, pynappel, soetrissie en ui op die stokkies.
4 Meng dan die marinade as volg (gebruik ’n platboom bak sodat sosaties in die marinade gerol kan word):
• 4 eetlepels heuning
• 1 teelepel paprika
• 1 teelepel cajun-speserye
• ½ teelepel sout
• ½ teelepel peper
Voeg 4-6 eetlepels warm water by sodat die heuning kan smelt
5 Verhit ’n riffelpan met ’n bietjie olyfolie.
6 Bedek die sosatie met die marinade deur dit in die sous te rol totdat alle kante bedek is en braai in pan vir omtrent een minuut aan elke kant, terwyl dit met die origanum en sesamsaad besprinkel word.
7 Garneer met vars kruie en bedien dadelik.