Tour d’Afrique staan bekend as ’n uitdaging vir die gees, lyf en fiets. Ivan het deur tien lande gery. Sy tog het hom al langs die Nylrivier af, verby tempels, deur die Soendanese woestyn en die Bybelse landskappe van Ethiopië geneem. Hy het die ekwator in Kenia oorkruis en verby die legendariese Kilimanjaro, Malawi-meer, Victoria-watervalle en die buitewyke van die Kalahari en Namib-woestyn gery op sy tog tot by Kaapstad.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dit was ’n lewensveranderende ervaring waaruit hy baie geleer het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Ek het geleer met hoe min besittings mens eintlik gelukkig kan wees en hoe belangrik fisieke uitdaging is om gesonde selfvertroue te kweek. Ek het weereens besef dat dit belangrik is om nie op te gee nie.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hy het ’n paar jaar gelede ’n laagtepunt bereik en sou toe nie kon droom dat hy ooit so ’n tog sou aanpak nie.
“Ek was toe nie positief genoeg nie en het ook nie die regte selfvertroue gehad nie.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Dit wat hom kilometer vir kilometer gedryf het, was sy passie om ’n verskil aan ander mense se lewens te maak.
“Ek het baie boodskappe van mense ontvang wat gesê het hoe geïnspireerd hulle is en dat hulle ook vasbeslote is om nooit tou op te gooi met wat hulle aanpak nie.”
Met so ’n lang moordende tog is dit vanselfsprekend dat jy teëspoed sal kry.
“Ons het hitte-uitputting in Soedan gehad. Ons het letterlik vir agt dae in 40 grade Celsius gery.
Ek het ook griep gekry in Kenia en ’n knie-besering het my die eerste week in Egipte gepla.
Die mooiste ervaring van die roete was die natuurskoon in Tanzanië.
“Dit en die kleur van Namibië was pragtig. Dit was natuurlik vir my ’n baie gelukkige oomblik die dag wat ek Suid-Afrika binnegery het.”
Hy sal beslis weer so ’n tog aanpak.
“Alhoewel, nie dieselfde roete nie. Die volgende een wat ek sal aanpak, is van Sjanghai na Istanbul.”
In die volgende maande wag ’n vol program vol motiveringspraatjies onder die titel: ‘Leaders never quit.”
*Ivan het sowat 5 000 blikkieskos ingesamel deur die, Can-a-Kilo, inisiatief. Lees meer hier: ivanzimmermann.com
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.