kategorieë: Bekendes

Ivan Botha nou ook aanbieder

Hy was al akteur, draaiboekskrywer, vervaardiger en regisseur, maar in 2018 maak Ivan Botha reg om sy skoene as aanbieder vol te staan. Dié man wat die Suid-Afrikaanse loket behoorlik aan die prut gehou het met films soos Bakgat!, Pad na jou hart en Vir Altyd gaan vanaf Februarie 2018 fliekliefhebbers op hul tone hou in die nuwe vasvra-kompetisie; FliekNET Foendies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dié nuwe 13 episode-reeks toets deelnemers se kennis van beide die plaaslike- en internasionale silwerskerm. Die reeks spog ook elke week met ’n bekende gas soos Leon Schuster, Regardt van der Bergh, Dann-Jacques Mouton en Franci Swanepoel. Dit is egter in die Breinbreker-rondte wat deelnemers te staan gaan kom teen mede-aanbieder, legendariese fliekkenner en resensent, Leon van Nierop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto: kykNET

Die reeks is vervaardig deur Green Planet Productions (Varsity Sing! en kykNET Top 20) en is die konsep van regisseur Francois Nolte. Leon van Nierop was ook agter die skerms betrokke by die navorsing en samestelling van die vrae.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat sê Ivan oor hierdie nuwe uitdaging? Klik hier vir die eerste onderhoud met Ivan oor sy nuwe rol.

FliekNET Foendies word vanaf Februarie 2018 op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.