Genoeg vir 4.
Bestanddele
- ½ ciabattabrood
- 5 ml (1 t) gekapte knoffel
- ’n klein hand vol tiemieblare
- gerasperde skil van ½ suurlemoen
- 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
- 200 g (½ blik) kersietamaties
- 60 ml (¼ k) fyn parmesaankaas
- 15 ml (1 e) gekapte knoffel
- 15 ml (1 e) gekapte brandrissie
- 4 ansjovisfilette
- 200 g (½ blik) kersietamaties
- ’n hand vol gekapte basiliekruidblare
- 250 g gaar pennepasta
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Verwerk die ciabattabrood tot krummels in ’n voedselverwerker en skep op ’n bakplaat. Meng die knoffel, tiemieblare, suurlemoenskil en olie deur. Geur na smaak. Bak tot goudbruin en krakerig. Hou eenkant.
- Verwerk die parmesaankaas, knoffel, brandrissie, ansjovisfilette en kersietamaties saam tot glad. Verhit die mengsel oor matige hitte en meng die orige kersietamaties by. Geur na smaak. Haal van die hitte af en meng die basiliekruidblare deur.
- Skep die sous oor die pennepasta en strooi ekstra basiliekruidblare en die ciabattakrummels oor voor jy die pasta voorsit.