Italiaanse lamskenkels met gort
4 porsies
Bestanddele
½ k pêrelgort
2 e olyfolie
800 g lamskenkels
1 ui, dun gesny
2 selderystingels, gekap
2 wortels, grofgesny
1 rooirissie, ontpit en gekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
2 t vinkelsaad
1 t gerookte paprika
2 vars lourierblare
⅓ k tamatiepasta
400 g-blik gekapte tamaties
3 k beesvleisaftreksel
2 e pietersielieblare, gekap
⅓ k parmesaankaas, gerasper
roketblare, om voor te sit
Metode:
- Spoel gort in sif onder koue lopende water af. Dreineer goed.
- Verhit helfte van olie in prutpot van 4,5 liter op hoë verstelling. Kook lamsvleis in sarsies vir 15 minute of tot goed bruin. Verwyder van stoof.
- Verhit oorblywende olie in prutpot op matig. Kook ui, seldery, wortel en rooirissie vir 5 minute of tot groente sag is en roer gereeld. Voeg knoffel, vinkelsaad, paprika en lourierblare by. Kook vir 2 minute of tot geurig. Voeg pastamengsel by, kook en roer vir 2 minute. Roer tamaties, aftreksel en gort by. Plaas lamsvleis terug in prutpot en bring tot kookpunt. Kook vir 8 uur op lae hitte met deksel of op hoë hitte vir 4 uur of tot sag. Geur na smaak.
- Sit lammengsel met pietersielie, parmesaan en roketblare voor.
Wenk
Gebruik lamskenkels wat op die Franse manier gesny is. Dit is wanneer die bene se boonste gedeeltes’n bietjie gesny en geskraap is, terwyl die vleis self van enige oortollige vet en sening verwyder is. Skenkels soek ‘n lang kooktyd om die beste geur na vore te bring.
Hooffoto: Aremediasyndication.com.au/magazinefeatures.co.za