genoeg vir 4
• 150 g kersietamaties
• 15 ml (1 e) olyfolie
• seesoutvlokkies
• 8 snye suurdeegbrood
• 200 g parmaham
• 200 g mozzarellakaas, dik gesny
• groot hand vol roketblare
• 4 eiers
• 250 ml (1 k) melk
• 5 ml (1 t) sout
• 50 g broodkrummels
• 30 ml (2 e) olyfolie
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Pak die kersietamaties op ’n oondpan. Sprinkel olyfolie en soutvlokkies oor.
3 Bak vir 15-20 min. of totdat die tamaties begin oopbars. Haal uit en laat afkoel.
4 Maak toebroodjies met die brood met parmaham, kersietamaties, mozzarella en roketblare.
5 Klits die eiers, melk en sout saam in ’n vlak bakkie. Sit die broodkummels in ’n ander vlak bakkie.
6 Dompel die toebroodjies alkant in die eiermengsel en bedek met broodkrummels.
7 Verhit die olyfolie oor matige hitte in ’n braaipan. Braai die broodjies vir 2-3 min. aan elke kant tot goudkleurig en bros.