kategorieë: Kos

Italiaanse beesvleisrolletjies

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

30 ml (2 e) Italiaanse pietersielie, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
6 beesvleis-schnitzels
6 repies rugspek
150 g mozzarellakaas, in 6 langwerpige stafies gesny
30 ml (2 e) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper
1 ui, geskil en gekap
500 ml (2 k) tamatiepassata
60 ml (¼ k) basiliekruidblare, geskeur

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Meng die pietersielie en die helfte van die knoffel – hou die res van die knoffel vir later. Smeer oor die beesvleislappies.
2. Sit ’n repie spek op elke beesvleislappie en ’n mozzarella-stafie op die spek. Rol op en steek met ’n tandestokkie vas.
3. Verhit die olyfolie in ’n groot pan oor hoë hitte en braai die beesvleisrolletjies vir 3-4 min. daarin tot goudbruin. Geur na smaak. Haal uit en hou eenkant.
4. Soteer die ui en die res van die knoffel in dieselfde pan tot goudbruin en sag.
5. Voeg die passata by en bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 5 min. tot effens verdik. Geur na smaak.
6. Sit die beesvleisrolletjies terug in die sous en kook vir 3 min. tot lekker warm. Verwyder die tandestokkies en sny middeldeur. Garneer met die basiliekruid en sit voor met sagte polenta.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.