kategorieë: BlogsOntspanning

Istanbul deel 2: stad van pazars, winkelsentrums en stalletjiestrate

Istiyne Park Mall en omgewing

Sowat 20 minute se ry per taxi betree jy die wêreld van die moderne Turk en vele expats. My familie is tans op ’n drie jaarkontrak in Istanbul en bly net agter die Istiyne Park Mall. Hierdie winkelsentrum en buurt kon net sowel êrens in Midstream gewees het. Geen motoronderdele of eendjies te koop nie. Op die dak staan Lamborghinis en Ferraris ingeryg. Hier vind jy rye Europese handelsname, en die pryse laat jou ook vergeet dat die Turkse lira entlik bargains verseker. Nero Coffee House en Starbucks is oorvol en Waikiki het ’n outydse VW kombi as uitstalrak. Hier bederf die familie my met lekker wyn, ’n supergemaklike bed en as ek buite op die stoepie sit, kom sny tuindienste gou die grasperk – net soos by die huis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Just popping over to Asia – Kadiköy

Kadiköy is aan die Asië-kant van Istanbul en Vrydae is tradisioneel markdag. Ek en neef James vat die pad deur treintonnels en verdwaalde stegies per boot en arriveer minder as 50 minute later. Straatjies kruis en dwars teen effense steiltes op. Met antieke winkels, nagemaakte Dr Martin-skoene en ’n kombuiswarewinkel is ons gou op dreef. Ek maak nie eens kos nie en kyk nog minder Food Network, maar koop ’n klein metaalpannetjie vir Turkse roereiers en ’n koperbekertjie met ’n lang handvatsel vir egte Turkse koffie. Een winkel verkoop die geurigste lugverfrisserstokkies, maar die bierlus oorval ons en eers na ’n ordentlike beer shandy kan ons weer op winkelware konsentreer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In een straat sit al die manne ernstig gewikkel in hewige rummy cup of backgammon-kompetisies. Bokant ons wieg honderde gekleurde sambrele en die geur van tabak en koffie bedwelm jou oordeelsvermoë. Laer af in een van die strate is rye vistoonbanke en groente en vrugte, blink gevryf en in kreatiewe hopies gepak. Een stalletjie verkoop gemarineerde wingerdblare vir dolmades en ’n ander een spesialiseer in neute en bottels soetsuur granaat-reduction. By die lekkergoedwinkel draai ek kwylend rond, maar my neef is baie gesondheidsbewus en ek koop net vyf stukkies marzipan. Alle pryse hier is omtrent 30% goedkoper as aan die Europese kant, en buitendien, wat is nou lekkerder as om te sê: “Ek pop net gou oor Asië toe vir die dag.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Eminünö se huisware-mekka

So breek my laaste kuierdag aan en ek vat weer die pad Eminünö toe – ook binne loopafstand van die Spice Basaar, maar verder in die rigting van die Galata-brug. By ’n vorige besoek aan Istanbul het ek hierdie strate vol kombuisware en bamboesbroodplanke deur ’n taxivenster gesien en kon nie rus vind vir my siel nie. ’n Klein hamburgerplekkie op die plein bedien die heerlikste koffie en stem dadelik in dat ek my tas daar los tot later die dag. Dit sê vir my iets van die Turkse psige dat hulle so geredelik iemand se tas sal oppas, ten spyte van vele bomme en tereuraanvalle die laaste aantal jare.

Hierdie straatjies blyk weer die gemiddelde Turkse huisvrou se droom vir potte, panne, teestomers en braaidrommetjies te wees. Elke area, soos in soveel ander buurte, spesialiseer in spesifieke ware – en jy sal nie sommer pajamas vind tussen die huisware nie. Ek vergaap my aan die oorgrootte koper teestoomketels en potte met kolelaaie, Turkse teestelletjies en bamboesbroodplanke, -pizzaplanke, -hangers en -lepels. Alles op mekaar gestapel, gehang aan toutjies of opgestapel op die sypaadjies. Geen fancy winkelvensterversierings, pipe-music of verkoopsdametjies wat op drukkende stilettos rondstaan nie. Elke vervaardiger is ook die eienaar en verkoopsman van sy eie ware.

Hy is altyd bereid om te onderhandel oor die prys en wat jy ookal koop, word mooi toegedraai in bubble wrap en met ’n glimlag oorhandig.

Drieuur die middag baklei ek eers met twee taxibestuurders voor die derde een ooreenstem met my prys, en as ons agter President Erdogan se veiligheidspolisie inval lughawe toe. is ons rit van 30 minute ’n hele tien minute korter. Ons arriveer dieselfde tyd as die president en sy entourage, maar ek moet deur ’n uurlange sekuriteitsondersoek gaan en hy stap sommer net reguit na sy private jet.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

14 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

44 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.