Is onderbaadjies sowaar terug? deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die onderbaadjie komplementeer die snyerspak, wat al ’n geruime tyd terug op die loopplanke is. Vroue draai die stereotipiese drie-stel-snyerspak wat in films net deur mans gedra word, op sy kop. Dit vertoon statig, modern en ’n tikkie sexy.
Die manlike element van hierdie item is wat dit so indrukwekkend maak. Dra dit as ’n bypassende drie-stuk vir ’n stylvolle afronding, of sonder die baadjie vir ’n sagter voorkoms.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Modehuise soos Céline het die onderbaadjie tydens Londen se modeweek ietwat boheems gestileer. Céline het ’n sterk karakter van die sewentiger jare vertoon saam met ’n romantiese bloes en uitklokdenim.
Yves Saint-Laurent het ons ’n terugflits van 2005 se Kate Moss gegee maar die ikoniese item hierdie keer saam met ’n militêre jas en lang stewels gestileer.
Die patrone van Louis Vuitton se ontwerpe wys ons presies hoe lekker dit is om rond te speel. Tekstuur en patrone gee dadelik lewe aan ’n voorkoms.
Die geheim lê in hoe jy jou verskillende lae kies. As jy besluit om patrone te meng, hou dit ooreenstemmend, soos Burberry wat items in sy bekende ruitpatroon opmekaar stapel en saam as een uitrusting dra.
Wat is die een item om enige uitrusting ’n informeler aanslag te gee? Die betroubare T-hemp! En in hierdie geval is dit geensins anders nie. Soos Dior vir ons wys, kan jy die onderbaadjie bo-oor ’n moderne hemp met ’n slagspreuk dra.
Die stapelitem kan aan enige voorkoms daardie straatstyl-element bied. Dra die onderbaadjie toegeknoop om die middel te beklemtoon, of los die knope oop vir ’n moeitelose tog stylvolle afronding.
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…
Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…
Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…
Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…
Hierdie webwerf gebruik koekies.