kategorieë: WenkeMode

Is jy seker jy maak jou leerbaadjie reg skoon?

Is jy seker jy maak jou leerbaadjie reg skoon? Deur Susra Matthee. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is ons beste wenke om jou leerbaadjie skoon te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voorkoming is altyd beter

Indien jou baadjie nog splinternuut is, moet jy dit beskerm voordat jy dit dra. Dis belangrik om leer- of sweedsleer- te spuit met ’n beskermende produk wat dir sal weerbaar maak om dit teen water en reën te beskerm, maar maak altyd eers seker dat dit nie skade of verkleuring veroorsaak nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kies ’n onopvallende deel, soos onder die arm of lapel, om dit te toets.

Hoe om ‘n leerbaadjie skoon te maak

Jy moet hierdie 7 dinge weet voordat jy aan jou leerbaadjie raak.

1. Weet watter tipe leer jou baadjie is

Verskillende tipes leer vereis verskillende maniere om dit te behandel. Byvoorbeeld, ’n motorfietsbaadjie is waarskynlik gemaak van ’n leer wat harder en meer duursaam is. Aan die ander kant wil jy veral geen chemikalieë op ’n sagte lamsleerbaadjie sit nie.

2. Begin altyd eers met die sagste oplossing

Minder is meer as dit by leer kom. Jy kan altyd later ’n harder benadering probeer, maar sodra jy dit eers toegepas het, kan jy nie teruggaan nie. Gebruik water en ’n sagte spons om liggies aan die vlek te tik (moenie vryf nie; as jy leer te hard vryf, sal van die vog in die leer intrek en donker kolle maak).

3. Werk van die binnekant van die vlek na buite

Terwyl jy werk, vee versigtig die randte uitwaarts, sodat daar nie ’n kol ontstaan nie. Indien daar wel ’n kol vorm, maak die plek dan weer liggies met water nat en herhaal die prosedure.

4. Vermy kunsmatige hitte

Sodra die ligte merke met die water verwyder is, kan jy die kol afvee met ’n skoon, droë lap om die water op te trek. Indien dit steeds nat voel, laat dit vanself droog word – weg van kunsmatige hitte.

5. Gebruik leerbevogtiger (leather conditioner)

Wanneer die baadjie heeltemal droog is, toets ’n klein bietjie leerbehandelingsmiddel op ’n onopvallende plek. Wend dit dan aan die res van die baadjie liggies aan met lang, egalige hale.

6. Water verander leer drasties

Die grootste fout wat jy kan maak is om leer nat te maak en dan hard te vryf. Leer is delikaat, veral as dit nat is, en die kleur kan maklik afkom. Moet nooit leer hard vryf of in water doop wanneer jy dit wil skoonmaak nie.

7. Hoe gemaak met kos- en wynvlekke?

Droog die meeste daarvan op, gebruik ’n skoon nat lap en druk dit op die vlek. Gelukkig het die meeste leeritems ’n mate van vlekweerstand in die afwerking. Laat dit droog word, sodat jy kan sien wat daar van die vlek oor is. Indien nodig, maak weer die area nat om te voorkom dat ’n kol vorm. Onthou om nie te vryf nie.

5 foute wat jy nooit mag maak wanneer jy jou leerbaadjie skoonmaak nie

  • Moet nooit jou leer in water week nie.
  • Moenie skoonmaakmiddels direk op leer aanwend nie.
  • Moenie leer hard vryf nie.
  • Moenie ’n gekleurde lap gebruik om leer skoon te maak nie, want die kleurstof kan na die kledingstuk oorgedra word.
  • Toets altyd eers in ’n minder opvallende area op jou item.

Hoe om die leerbaadjie se voering skoon te maak

  1. Gaan die versorgingsetiket na. Die onderstaande wenke is vir polyestervoering. Rayon-materiaal, katoen of sy moet aan ’n professionele skoonmaker oorgelaat word.
  2. Begin deur die baadjie na binne om te keer en op te hang. Op hierdie manier kan jy seker wees dat jy elke deel van die binnekant skoongemaak het.
  3. Gebruik ’n seep-en-wateroplossing om die klein merke aan die buitekant skoon te maak. Maak die deel wat gevlek is skoon met ’n sagte spons. Seep trek vuil aan, moet dus nie te veel produkte gebruik nie en vee deeglik met ’n skoon, klam lap af.
  4. Herhaal dieselfde proses as met die leer deur die binnekant van die baadjie skoon te vee – nie te vryf nie.
  5. Laat die baadjie droog word, en vermy kunsmatige hitte soos verwarmers en haardroërs. Dit kan dalk vir jou belangrik lyk om die proses te bespoedig, maar dis nie die risiko werd om jou baadjie te beskadig nie.

Hoe om jou leerbaadjie te stoor

As dit kom by die stoor van jou baadjie, speel jou hanger ’n groot rol. Moenie ’n dun draad- of ’n plastiekhanger gebruik nie, want hulle kan eenvoudig nie die gewig van leer hanteer nie. Gebruik ’n opgestopte materiaal- of houthanger om te voorkom dat die voering beskadig word, of die skouers en algemene vorm beskadig word.

As jy ’n leerbaadjie vir ’n lang tyd moet stoor, kan ’n nylonsak ’n goeie aanwins wees, aangesien dit vlekke verhoed terwyl die leer steeds kan asem haal.

Moenie jou leerklere vou en wegpak nie. Sommige tipes leer het ’n neiging om droog te word en te kraak.

Gebruik ’n leerbevogtiger om die leer sag te hou; toets net eers op ’n onopvallende area om die leer se reaksie te evalueer.

Lees nog: Lyk vleiend in lospassende klere

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

11 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

11 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

14 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

16 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

4 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.