Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou om jou beste te gee. Jou werk is altyd van gehalte. Jou kos altyd voortreflik. Die keersy is dat dit jou in murg en been dreineer en selfs verhoudings vernietig. Hoe vind jy balans?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy hoor dikwels dat iemand sê dat hy of sy ‘n perfeksionis is. Dinge moet presies wees (of glad nie wees nie); reg of weg. Perfeksionisme het al ’n norm onder ons geword, byna soos om aan koffie verslaaf te wees. Vir baie mense het dit ’n doel geword. Min dink ons egter aan die goed of sleg van hierdie karaktereienskap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kenners definieer perfeksionisme as ’n kombinasie van uitermatige hoë persoonlike standaarde en oormatige kritiese selfevaluering. Dit word met selfbeeld- en gesondheidsprobleme, soos angstigheid, depressie en hartprobleme, verbind. In sommige gevalle lei dit selfs tot verslawing. Dr Wilmien Human, kliniese sielkundige en dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, sê iemand is ’n perfeksionis wanneer die persoon alles georden, netjies en gestruktureerd volgens hul eie hoë standaard wil hê. Dikwels is hierdie standaard egter onrealisties of onbereikbaar. Sy sê verder om in beheer te wil wees, is ook vir die perfeksionis belangrik. “Die baie belangrike vraag wat jy jouself moet afvra, is waaraan meet jy jou standaarde en is die standaard gesond vir jou en die mense in jou omgewing. As dit gesond is, kan dit ’n voordeel wees. Maar dit kan baie ongesond raak as jou standaarde aan jouself en ander te hoog en onrealisties is,” sê sy.

Lynette Beer, lewensafrigter van Pretoria, sê perfeksionisme affekteer nie net vir jou nie. Dit het ’n invloed op almal om jou, hetsy by die werk, jou huis of vriendekring. Boonop dra jy dit saam met die angs wat dit meebring ook aan jou kinders oor, sê sy.

Sy skryf in haar blog “Is jy ‘n prooi van jou eie perfeksionisme?” dat dit nie perfeksionisme is om jou beste self te probeer wees nie.

“Daar is niks fout met selfverbetering, sukses en prestasie nie. ’n Gesonde strewe na sukses is op jouself gemik en vra die vraag: Hoe kan ek myself verbeter? Perfeksionisme, daarenteen, is op ander se mening gerig. Dit vra die vraag: Wat gaan ander mense van my dink? Jou eiewaarde is die heeltyd op die spel. Navorsing het bewys dat perfeksionisme sukses teenwerk. In baie gevalle lei dit tot angs, depressie en selfs verslawing. Ons verlam onsself en blokkeer ons eie groei. Ons is te bang om te droom, want sê nou ek misluk en ek stel myself en ander teleur? Ons is bang ons maak foute, bang om te waag en te bang om enigiets wat nie perfek is nie die wêreld in te stuur.”

Volgens Wilmien is dit ’n kombinasie van gene en invloed uit die omgewing. ’n Persoon word daarmee gebore; dit is ’n karaktereienskap en vorm deel van iemand se temperament. Maar dikwels speel die omgewing waarin iemand groot word ook ’n rol om perfeksionisme te ontwikkel. Louise Malan is ’n kliniese sielkundige in Kaapstad. Sy sê mense wat as kinders in gesinne grootword waar hulle afgekraak en verneder word, het dikwels ’n groot dryf na perfeksie en prestasie om so aan hulself en die wêreld te bewys dat hulle waarde het en dat hul ouer(s) se boodskap aan hulle dat hulle waardeloos is nie waar is nie. Sy sê mense gaan soms hul hele volwasse lewe deur met die verlange om so perfek moontlik te wees om te bewys dat hulle waarde het. Ouers wat dink hul eie kinders is perfek skep ook die idee by die kinders dat hulle perfek behoort te wees.

Louise identifiseer twee tipes perfeksioniste. Dié vir wie die wêreld om hulle perfek moet wees, en dié vir wie die eie ek perfek moet wees. Sy sê sommige mense wil alles in die omgewing rondom hulle perfek, netjies en onder beheer hou. Dit is dikwels ’n poging om hul eie gevoel van oorweldiging en angs te hanteer. “As dinge in die wêreld om my in beheer en perfek voel, kan ek in my binne-wêreld rustig, kalm en in beheer voel.  Sommige persone wil alles in hul buitewêreld onder beheer en perfek hou omdat hulle só hul emosies ook onder beheer kan hou,” sê sy.

Die ander perfeksionis is die een wat glo sy moet perfek wees. “’n Baie groot tema in emosionele welstand is die idee dat jy óf perfek, óf waardeloos is. Mense probeer perfek wees omdat hulle vrees dat as hulle foute maak, tekortkominge en perke het, dit beteken dat hulle waardeloos is. Daarom dryf mense hulself om perfek te wees,” sê sy. “In ’n poging om perfek voor te kom, vind mense dit dan baie moeilik (soms onmoontlik) om hul eie foute en tekortkominge aan ander (en selfs ook aan hulself) te erken. Mense sal daarom eerder fout vind by ander en ander blameer vir alles wat fout gaan of nie perfek is nie, want so kan hulle die illusie behou dat hulle perfek is en alle foute buite hulle lê. Natuurlik is dit baie sleg vir verhoudings as jy altyd al die foute by ander soek en jouself as perfek voorhou. Die ander uitkoms is dat jy chronies dink jy is waardeloos en misluk as jy foute of tekortkominge het. Dit veroorsaak dat jy neerslagtig kan begin voel omdat jy uiters krities op jouself is.”

Louise verduidelik wanneer jou fokus daarop is om jou omgewing perfek te hou (om angs te beheer) of om self perfek te wees (om ’n gevoel van jou eie waarde te hê), dit dikwels ’n negatiewe impak op die kwaliteit van jou verhoudings het. “As jou aandag op perfeksie gevestig is, kan jy nie ontspan en meer beskikbaar wees vir konneksie met jou geliefdes nie. As jy altyd perfek wil wees gaan jy óf die hele tyd uiters krities op jouself wees en dit kan jou maklik waardeloos en depressief laat voel, óf jy gaan jou eie foute die hele tyd ontken en baie krities jeens ander wees en dink al die fout lê by hulle. As jy alles pefek wil doen kan dit ook tot uitbranding lei of jy kan te veel druk op ander sit omdat jy ook van hulle verwag om perfek te wees,” sê sy.

Verder sê sy as jy dink dat jy perfek moet wees veroorsaak dit geweldige druk en angs om altyd te presteer. Dit veroorsaak ook ’n gevoel van skande as jy ooit foute maak of perke het.

“Die bevrydende realiteit waarmee ons moet vrede maak, is dat daar nie net twee kategorieë (perfek of waardeloos) is nie, maar dat ons almal iewers in die grys gebied is. Ons almal het sterk- en swakpunte. Ons almal het tekortkominge, perke en mislukkings. Dit maak ’n mens veerkragtig om dit te besef, want as jy dan misluk beteken dit nie jy is waardeloos en dit is die einde van die wêreld nie,” sê Louise.

Wilmien stem saam en sê dat insig in jouself en jou omgewing ’n sleutelrol in hoe jy jou perfeksionisme gaan hanteer, speel. As jy insig in die standaarde wat jy aan jouself en ander stel het, sal jy kan besef wanneer hierdie vereistes onrealisties is en jouself en jou verwagtinge daarvolgens kan aanpas. Wat dinge selfs nog moeiliker maak is ons volgehoue blootstelling aan sosiale media. Dit het ’n impak op hoe ons besluit wat ons standaarde is, meen Wilmien. “Jy moet besluit wat belangrik vir jou en jou gesin is. Wat is jou en jou gesin se lewensbeskouing en waardes, wat is vir julle belangrik en stel dan jou standaarde daarvolgens vas. ’n Mens kan deur ’n proses van refleksie besluit watter standaarde jy in jou eie lewe wil hou en watter nie nodig is om te behou nie. Wat is kongruent met jou en jou gesin se waardes? As jy onseker is kan jy ’n professionele persoon nader om jou daarmee te help, of selfs met ’n goeie vriendin of spirituele leier gesels. Dit is baie belangrik dat ’n mens besef of dit waaraan jy jouself en die mense om jou meet wel realisties en gesond is. Wees bewus van wat jy as maatstaf gebruik om jou eie standaarde te stel,” sê Wilmien.

Perfeksionisme kan jou lewe vernietig, of dit kan positiewe gevolge hê wanneer jy dit reg hanteer. Wanneer jy jou eie feilbaarheid en weerloosheid verstaan en erken, en empatie en deernis met jouself het, plaas jy jouself in ’n posisie om te sê mislukking, skuld en skande is deel van almal se menswees.

Louise sê: “Hierdie is nie ’n maklike proses nie en neem dikwels baie jare om te oorkom. Ons almal sukkel tot ’n mindere of meerdere mate hiermee.”

Sy sê ook dit help om kinders groot te maak met die idee dat dit normaal is om perke, tekortkominge en swakhede te hê, en dat niemand ideaal en perfek is nie. Dit is goed om ambisie te hê en ’n taak goed te verrig, maar dat ons almal ten spyte van ons beste poging net mense is en dat dit normaal is.

Lees ook: Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

Lees ook: 5 maniere om depressie te bekamp

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Mia le Roux gesels oor haar pad na Mej. Heelal op ‘Waar daar ’n wil is’

Sy is nie net die eerste dowe vrou om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word…

6 hours Gelede

Eet jou hart gesond: Hier’s hoe

Het jy geweet dat meer vroue jaarliks aan hartvatsiektes en beroertes sterf as mans? Gelukkig kan…

10 hours Gelede

Maklike maaskaas-sjokolademousse

Resep: 'Dairy Gives You Go'  Bestanddele   1 ½ koppie gladde medium-vet maaskaas – kamer…

10 hours Gelede

Vetplante vir beginners

Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…

1 day Gelede

Karlien van Jaarsveld op ‘Laataand by Rian’: “Ek sou dieselfde keuses maak”

As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…

1 day Gelede

Amasi-platbrood

Resep:  'Dairy Gives You Go'    Bestanddele   2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.