Eintlik is ’n ystertekort omdat jy te min ysterryke kosse eet seldsaam, sê Jeanie Nel, ADSA-dieetkundige in die Kaap.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die rede?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Jou liggaam het ’n oulike manier om yster te behou: dit herwin letterlik ou yster. Dit werk so:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }• Twee-derdes van yster is in die vorm van hemoglobien, die hoofbousteen van jou rooibloedselle
• Rooibloedselle leef vier maande en sterf af
• In plaas daarvan om yster bloot uit te skei en te verloor, herwin jou liggaam dit en word dit in ferritienmolekules, waar dit in jou lewer gestoor word, gebêre
• En daar bly dit, tot jy weer yster nodig het
Maar ’n ystertekort is ’n werklikheid, sê dr. Danie Kotze, Kaapse hematoloog.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Al het die meeste mense wat altyd moeg voel eerder ’n tekort aan vitamien B12, is daar tog mense met ’n ystertekort. Dit verg altyd deeglike mediese aandag omdat die redes daarvoor gevind moet word – wat kan strek van iets so ernstig as kanker tot die verleentheid van wurms.
Jy kan gebrekkige ysterstore hê
Dit beteken jy het geen ‘spaar’ yster nie maar wel genoeg yster dat jou liggaam eintlik goed funksioneer. Daar is dikwels goeie redes waarom jy yster verloor. Van die algemene redes is kanker, swaar menstruasie, seliaksiekte en wurms. ’n Ysteraanvulling stel jou dalk gerus dat jy ‘iets doen’ vir jouself, maar eintlik is jy besig om die bal heeltemal mis te slaan.
Jy kan ’n funksionele ystertekort hê
Jy het waarskynlik genoeg yster maar jou liggaam gebruik dit nie suksesvol nie. Hiervoor is daar dikwels ook ’n goeie rede, soos ’n langtermyn-infeksie. Weereens moet jy dalk dieper kyk.
Jy het werklik ’n ystertekort anemie
Jou ystervlak is werklik laag. Jy kort ekstra yster. Maar goeie oordeel en balans is nodig want te veel doen skade.
Mense met ’n vitamien B-tekort kla ook van moegheid. ’n Bloedtoets kan gou uitwys wat jy eintlik kort.
• Moegheid weens lae yster of vitamien B
• Hoekom jy nie self ysteraanvulling moet doen nie
• Tekens van lae ystervlakke
• Jy hoef nie net vleis te eet vir vit B12 nie!
• Tekens van lae vitamien B12-vlakke
• Watter kosse is ryk bronne van yster?
Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.